1. ’n Halfuur per dag is genoeg.
  2. Sorg dat jy altyd gemaklike skoene met ’n sagte binnesool dra. Hoë hakke en puntskoene is geneig om baie styf om die voet te sit en dus die bloedsomloop van die voet na die hart te belemmer.
  3. Hou op rook. Rook kan lei tot perifere vaskulêre siekte en die slagare in die been vernou, wat ook bloedsomloop belemmer.
  4. Rooipeper bevorder goeie bloedsomloop. Gebruik dit in kos of geniet dit in tee saam met heuning.
  5. Neem aanvullings soos visolie, wat ryk aan omega-3-vetsure is. Dit bevorder gesonde cholesterolvlakke, wat goeie bloedsomloop bevorder.