’n Nuwe dag, ’n nuwe studie met detail oor die verborge gesondheidsvoordele van ’n voedsel-item. Hierdie keer kom die peer aan die beurt, en hy kan blykbaar jou middellyn in toom help hou.

[caption id="attachment_113464" align="alignnone" width="600"]Foto: Cover Media Foto: Cover Media[/caption]

Navorsers aan die Staatsuniversiteit van Louisiana het die ontdekking gemaak deur te kyk na statistieke wat tussen 2001 en ’10 versamel is. Hulle het in besonder aandag gegee aan hoeveel voedingswaarde mense wat gereeld pere geëet het, uit hul kos gekry het, asook aan hul algemene dieet en kardiovaskulêre gesondheid.

Die resultate was nogal verstommend: Mense wie se dieet baie pere bevat het, was 35 persent minder geneig tot vetsug.

“Die verband tussen pere en laer gewig is baie opwindend,” het dr. Carol O’Neil, wat die spanleier was, in die Journal of Nutrition & Food Sciences verduidelik. “Ons glo dit is die inname van vesel wat die laer liggaamsgewig aangewakker het wat in hierdie studie opgemerk is.”

Mense wie se dieet baie pere bevat het, was 35 persent minder geneig tot vetsug.

’n Interessante feit is dat geen verskil bespeur is in hoe liggaamlik aktief of nie die peer-eters was nie. Daar is te kenne gegee dat dié wat aan die vrugte geknibbel het, in die algemeen geneig was om voedsame diëte te volg en dit sou moontlik die verskil kon verklaar.

Een peer bevat byvoorbeeld 24 persent van die hoeveelheid vesel wat ons daagliks behoort in te kry, het net 25 kJ en is boonop ryk aan vitamien C en kalium.

Pere word op die oomblik hoog aangeprys, want vroeër vanjaar is hulle ook opgehemel as ’n uitstekende middel teen babbelas.

Pere is ook ’n uitstekende middel teen babbelas

Dit is lank reeds bekend dat ’n dieet wat baie vrugte en groente bevat, siektes kan help afweer en daar is voorgestel dat die tradisionele advies van vyf per dag (vyf porsies elke 24 uur) slegs ’n riglyn moet wees; ons moet eerder 10 of meer probeer inkry.

Wil jy meer pere by jou dieet voeg? Daar is verskeie maniere om dit te doen sonder om terug te val op ’n rou peer by elke middagete.

Hoekom nie jou dag begin deur ’n gebakte peer saam met granola en jogurt te geniet nie? Jy kan pere ook saam met appels stowe vir ’n lekker warm nagereg, of voeg dit by skommeldrankies vir ’n bietjie soetigheid.

© Cover Media