.

borskanker
Die hutsmerk #NoBraDay het Donderdagoggend vroeg reeds op Twitter posgevat en vroue was nie skaam nie om te erken - en sommige selfs foto's te deel - van hoe hulle die dag sonder 'n bra aandurf nie. Maar baie gebruikers was vinnig om uit te wys die dag gaan oor veel meer as speelse selfies en dat vroue 'n verpligting het om hulself te ondersoek om die stryd teen borskanker te help wen.

Verkeerde inligting weerhou vroue ook om behoorlik verantwoordelikheid vir hul gesondheid te aanvaar, soos dat net ouer vroue kwesbaar is vir borskanker of dat dit te duur is om na jou borste om te sien.

Al die deelnemers op die lys hieronder bied vir ses weke in Oktober en November vir vroue 'n 10 persent-afslag op mammogramme aan.

Die meerderheid mediese fondse dek jou jaarlikse mammogram en dit kan jou help om kanker betyds op te tel. Al voel jy nog nie knoppe in jou bors nie en toon jy nog nie enige simptome nie, kan die kanker reeds daar wees. 'n Mammogram kan dokters help om die kanker vroeg genoeg raak te sien.

Besoek die Nasionale Borskankervereniging se webtuiste vir meer inligting.