en dit kan enigiets van ’n verhoogde risiko vir hartsiekte tot ’n beroerte help afweer.

Beproefde maniere om ’n goeie nag se slaap te verseker, sluit in om nee te sê vir elektroniese toestelle in jou slaapkamer en kafeïen voor slaaptyd, en lees pleks van televisie kyk, maar volgens die deskundiges moet jou troeteldier by jou slaap sodat jy in vrede kan slaap. Die Mayo-kliniek in Scottsdale, Arizona, het voorheen verklaar die helfte van hul pasiënte wat gekla het dat hulle sleg slaap, was troeteldiereienaars wat deur hul troeteldiere gewek is. Die kliniek het weer na sy bevindings gekyk en die Center for Sleep Medicine daar het bevind dat eienaars wie se troeteldiere by hulle slaap, in werklikheid veiliger en meer geborge voel.

“Baie troeteldiereienaars beskou hul geselskapsdier as ’n lid van die gesin"

Die navorsing het 150 deelnemers betrek en hul slaapgewoontes en troeteldiere is ondersoek. Daar is gevind dat 56 persent van troeteldiereienaars hul wollerige vriend toegelaat het om by hulle te slaap. Slegs 20 persent is in hul slaap deur die dier gesteur en 41 persent het gesê die feit dat hul troeteldiere by hulle op die bed geslaap het, het hulle beter laat slaap, want hulle het meer ontspanne en veiliger gevoel.

“Baie troeteldiereienaars beskou hul geselskapsdier as ’n lid van die gesin en wil hom by soveel aspekte van hul lewe betrek as wat hulle kan,” het die navorsers opgemerk. “Aangesien mense heelwat van hul tyd slaap, is ’n troeteldiereienaar se wens verstaanbaar om die diere snags naby hulle te hê.

"Meer huishoudings sluit verskillende troeteldiere in en dit verhoog die uitdaging om geskikte slaapreëlings te tref.”

As jy nie troeteldiere aanhou nie, is daar heelwat ander maniere om seker te maak jy kry genoeg rus.

Wen af

Ruim tyd in om jou liggaam toe te laat om in sy slaapmodus in te skuif. Speletjies speel op jou selfoon of laat werk is beslis nie die regte resep vir ’n goeie nagrus nie, dus is op die bed lê en na die plafon staar ’n groot moontlikheid.

Ruim die laaste uur voor slaaptyd in om te ontspan – of dit nou in die bad is of deur ’n boek onder die komberse te lees. Dit is bekend dat die blou lig in elektroniese apparate die brein besig hou; as jy dus iets op televisie wil kyk, doen dit op ’n televisiestel eerder as op ’n tablet of selfoon.

Koel dinge af

Maak seker jy stel jou lugreëlaar in die somer reg vir die nag. Probeer ’n kamertemperatuur van tussen 15,5 en 19,5 °C handhaaf. Net soos die koel kant van jou kussing ’n kitsmetode is om in die nag te ontspan, het slaap in ’n koeler temperatuur ook bewys dit hou ’n hele klomp gesondheidsvoordele in, soos om jou risiko vir metaboliese siektes te verlaag.

Belê in ’n goeie matras

Moenie suinig wees wanneer dit by jou matras kom nie. Die voordele van ’n goeie een is eindeloos, want dit help jou vas slaap en is voordelig vir jou rug.

© Cover Media