As ’n mens aan die siekte ly, reageer die liggaam se selle nie op insulien nie of dit vervaardig nie genoeg van die hormoon om behoorlik te kan funksioneer nie.

Dit beteken die glukose word nie as brandstof gebruik nie, maar bly in die bloedstroom en veroorsaak onstabiele suikervlakke wat kan lei tot goed soos uiterste moegheid en dors, en in die ergste gevalle orgaanskade. Die probleem word veroorsaak deur vet wat in die pankreas opbou, en dokters by die Newcastle-universiteit het opgemerk indien die vet verdwyn, die siekte ook verdwyn.

Dokters het opgemerk indien die vet verdwyn, die siekte ook verdwyn.

Die pankreas is agter die maag geleë en dit is sy werk om die insulien deur die liggaam te laat vloei om die suikervlakke stabiel te hou. As die pankreas nie behoorlik werk nie, het mense inspuitings of pille nodig.

Die gesondheid van 27 vetsugtige mans en vroue wat operasies vir gewigsverlies moes ondergaan, is dopgehou. Almal het rondom 114 kg-120 kg geweeg en twee derdes van hulle het aan diabetes gely. Ná die operasie het elke pasiënt meer as 13 kg minder geweeg en hulle het gemiddeld een gram uit die pankreas verloor.

Ongeveer agt weke ná die operasies was die pasiënte se insulienvlakke wonderbaarlik normaal en hul diabetes het verdwyn.

Prof. Roy Taylor, die skrywer van die studiestuk, het Dinsdag by die Wêreld-diabeteskongres in Vancouver gesê: “As mense met tipe 2-diabetes gewig verloor, dreineer daar oortollige vet uit die pankreas en dan keer sy werking terug na normaal.

“As jy dus wil weet hoeveel gewig jy moet verloor om jou diabetes te laat verdwyn, is die antwoord een gram. Maar dit moet een gram vet uit die pankreas wees.”

Mense met diabetes is meer geneig tot gesondheidsprobleme soos blindheid en nier- en hartsiektes.

© Cover Media