Daar is dalk goeie nuus vir mense wat aan tipe 1-diabetes ly. Wetenskaplikes aan talle Britse universiteite het onlangs bekendgemaak dat ’n entstof teen dié mediese toestand binne die volgende 10 jaar ontwikkel kan word.

’n Samewerkende studie waarvoor onder meer Diabetes UK en Tesco betaal, gaan nou ’n reeks eksperimente uitvoer met ’n prototipe-medisyne, wat dalk verligting kan bring vir miljoene mense wêreldwyd wat aan hierdie uitmergelende siekte ly.

Tipe 1-diabetes word algemeen onder kinders aangetref. Hierdie kinders se liggaam produseer nie van nature suikerweerstandige insulien nie en hulle moet daaglikse inspuitings kry om hul suikervlakke te reguleer.

Dr. Alasdai Rankin, navorsingshoof van Diabetes UK, beskryf die reuse navorsingsprojek as “vreeslik opwindend, want dit kan honderdduisende mense se lewe verander, sowel as om op lang myn dalk die siekte heeltemal te genees.”

Hy het bygevoeg dat resultate van die prototipe nie oornag verwag moet word nie. Aanvanklik sal die entstof net die begin van die siekte se simptome uitstel, pleks van dit heeltemal keer. Geleidelik sal die entstof meer weerstand teen die siekte bied en as geneesmiddel beskou kan word.

Die eerste resultate word binne vier jaar verwag. Daar word gehoop om dit binne 10 jaar in die handel beskikbaar te stel.

Bronne: ITV News; The Mirror Online