1. Ná een eenheid word jy meer ontspanne en het jy baie selfvertroue.
  2. Ná twee eenhede neem jou inhibisies af en begin jou liggaam ontwater.
  3. Ná drie eenhede verhoog jou libido en word jou reaksie traer. Die lewer werk hard om die gifstowwe van die alkohol uit jou liggaam te kry.
  4. Ná vier eenhede kan jy emosioneel en verward raak.
  5. Ná vyf eenhede is jou sig dikwels wasig.
  6. Ná ses eenhede kan jy terneergedruk word en swak liggaamlike hê.
  7. Ná agt eenhede sukkel jy om te beheer wat jy sê en doen. Jy kan naar voel en die gevaar loop om jou bewussyn te verloor.
  8. Ná nege tot 10 eenhede is daar ’n groot kans dat jy jou bewussyn kan verloor, en jy het ’n verhoogde risiko vir ’n hartaanval of versmoring weens die inaseming van braaksel.
  9. ’n Hoër bloedalkohol-konsentrasie as dit kan lei tot dood weens asemhalingsonderdrukking of ’n versteurde hartritme.
  10. Fuifdrinkery, die gevaarlikste vorm van drankgebruik, is gewild onder jong mense. Dis basies drink om dronk te word en behels dat vyf of meer alkoholiese drankies kort ná mekaar gedrink word.

Deur Kim Arendse

Bronne: ’n Jol en ’n zol: Sê Jóú kind Ja? Huisgenoot van 29 Maart, health24.com, youdecide.org.za, sab.co.za, alcohol.org.za, dailymail.co.uk. discovery.co.za, edoc.co.za, sadd.org.za