En nou kan wetenskaplikes verklaar hoekom dit so is.

In ’n studie deur die mediese skool van die Universiteit van Michigan is bevind mense wat aan kliniese depressie ly, het dalk ontwrigte sirkadiese ritmes, oftewel ’n disfunksionele biologiese horlosie.

Navorsers het in ’n nadoodse ondersoek die breinmonsters van skenkers wat nie depressie gehad het nie, vergelyk met dié van skenkers met kliniese depressie.

Hulle het bevind die geenwerking in die breinmonsters van die depressiewe skenkers het nie die normale 24-uursiklus gevolg nie.