Maar nou het kundiges die proses nog makliker gemaak deur hul topwenke vir die gebruik van openbare toilette te deel.

Ondersoekers van die Amerikaanse TV-reeks The Doctors het die oppervlakke in openbare toilette afgevee en dit laboratorium toe gestuur. Een van die verrassendste bevindings was dat toiletrolhouers meer kieme as toiletsitplekke bevat – trouens, bevat die houers tot 150 persent meer bakterieë!

Dit kan dalk toegeskryf word aan die feit dat mense toiletpapier op die sitplekke pak voor hulle die toilet gebruik. Nog ’n rede vir die verbysterende hoeveelheid bakterieë op toiletrolhouers is moontlik dat diegene met ontlasting of urine aan hul hande na die papier reik om hulle mee af te vee, en dus bakterieë oordra wanneer hulle dit doen. Die belangrikste is dus om aanraking met die houers te vermy.

Die soort bakterieë wat op houers en oppervlakke gevind is, kan lei tot probleme soos urienweginfeksies, longontsteking en selfs baarmoeder-infeksie. Die kenners sê mense hoef hulle nie bekommer nie, solank hulle ná ’n besoek aan ’n openbare toilet hul hande met antibakteriese seep en warm water was.

Nog ’n eenvoudige truuk is om die hokkie naaste aan die deur te gebruik. Dit word waarskynlik vermy; mense glo dikwels dit is die vuilste hokkie omdat dit die meeste gebruik word, maar daar is bevind dat dié hokkie gewoonlik die skoonste is.

As jy ekstra versigtig wil wees, kan jy ’n papierhanddoek gebruik om vooraf en agterna die krane mee oop te draai. Jy kan ook ’n handdoek of jou elmboog gebruik wanneer jy die deur oopmaak om bakterieë op pad uit te vermy.

© Cover Media