Verwagtende vroue wat vitamien D-ryke kos eet, kan hul kind se risiko vir asma of ander allergieë met tot 20 persent verlaag.

Die sogenaamde “sonskynvitamien” (mense kan dit absorbeer wanneer hulle aan die son blootgestel is) kom voor in voedselsoorte soos vis, eiers, sampioene, suiwelprodukte en graankos.

’n Studie wat gedoen is deur ’n span wetenskaplikes by die Icahn Mediese Skool by die Mount Sinai-hospitaal het 1 248 moeders en hul kinders bestudeer.

Die vroue is van die eerste trimester van hul swangerskap af gevolg tot die datum waarop hul kinders sewe jaar oud was.

Lees ook: E-sigarette moontlik meer skadelik vir jou ongebore baba as gewone tabak

Vorige studies het na ’n sekere tydstip gekyk, maar dit is die eerste een wat die uitwerking van vitamien D-inname in verskeie stadiums in die lewe ondersoek.

Wetenskaplikes het die deelnemers vraelyste laat invul en die vlakke van die serum 25-hidroksievitamien D by die ma en kinders te toets.

Diegene wat vitamien D-ryke-voedsel of die ekwivalent van 227 ml melk per dag ingeneem het se kinders was oor die algemeen nie onderworpe aan allergieë teen die tyd dat hulle skoolgaande ouderdom bereik het nie.

Interessant genoeg het dié wat hul vitamien D-inname deur middel van aanvullings verhoog het, nie dieselfde voordele geniet as dié wat voedsel ingeneem het wat ryk is aan vitamien D nie.

Lees ook: Sjokolade ‘kan heilsaam wees tydens swangerskap’

“Swanger vroue wonder gewoonlik wat hulle behoort te eet. Ons studie toon dis belangrik om te oorweeg watter voedingstowwe by die vrou se dieet ingesluit is,” het dr. Supinda Bunyavanich, die studieleier, gesê.

“Hierdie studie kan ’n invloed hê op die raad en aanbevelings aan verwagtende moeders rakende die insluiting van vitamien D-ryke voedsel by hul diëte.”

Die studie is in The Journal of Allergy and Clinical Immunology gepubliseer.

© Cover Media

Ander stories op Huisgenoot.com:

Kyk: Leonardo DiCaprio en Maggie Smith se oulike soenkamera-oomblik

Kantoorchaos kom tot ’n einde danksy ‘slim’ stoele

Polisie red 18 kinders uit SA kerk

Eend of konyn? Watter een jy sien, verklap baie oor jou

Babatoelae, haarsalonne en bier – dié maatskappye het die lekkerste byvoordele