Die wetenskaplike ondersoek het ’n jaar geduur en is deur die regering goedgekeur.

Salmonella-besmetting word veroorsaak deur bakterieë wat in hoenderhenne leef. Dit vergroot die risiko vir miskrame of vroeë geboorte.

In sommige gevalle kan dit ook dodelik wees vir kleuters of ouer mense.

Die nuwe ondersoek het gelei tot ’n bevinding dat swanger vroue, kleuters en bejaardes voortaan die saggekookte geel eet van eiers met die Britse Leeu-“kite”-merk op die dop. Negentig persent van alle eiers in die Verenigde Koninkryk (VK) het dié stempel van goedkeuring.

Voedingkundiges het die nuutste nuus verwelkom, want eiers is ’n lewensnoodsaaklike bron van proteïen en vitamien D, wat voordelig is tydens swangerskap.

Lees ook: Vroue raak moontlik kort ná miskraam weer swanger

“Die werkgroep stem saam dat die mikrobiologiese risiko vir salmonella-besmetting by dié eiers sedert die verslag in 2001 aansienlik afgeneem het,” lui die verslag van die Britse regering se raadgewende komitee rakende die mikrobiologiese veiligheid van voedsel.

“Die uiters lae risikovlak beteken eiers wat aan die Leeu-kode voldoen, kan rou of halfgaar voorgesit word aan alle groepe in die samelewing, onder andere diegene wat vatbaarder is vir infeksie.

Dit geld vir huishoudelike sowel as kommersiële opsette, insluitend versorgingsinrigtings en hospitale.

Die Leeu-kode-skema bestaan uit ’n stel stappe wat insluit inenting, ’n koelketting van die plaas tot by kleinhandelsafsetpunte, verbeterde toetsing vir salmonella, verbeterde higiëne op die plaas, beter knaagdierbeheer, onafhanklike ouditering, datumstempeling op die eiers en naspeurbaarheid.”

Lees ook: Diëte wat baie transvette bevat, kan onvrugbaarheid veroorsaak

Mense wat voorheen as risikogevalle bestempel is, is egter gewaarsku teen die eet van saggekookte eiers in kafees of restaurante, aangesien daar geen waarborg is dat die eiers aan die vereistes voldoen nie.

Die Britse regering het in 1988 ná ’n salmonella-probleem vir die eerste keer waarskuwings uitgereik en almal is aangeraai om net hardgekookte eiers te eet.

’n Dekade later is die maatreëls verslap, maar dit het steeds gegeld vir mense met ’n hoër risiko, soos swanger vroue, kleuters, diegene met langtermynsiektes en bejaardes.

© Cover Media