Die meeste van ons het ’n vriend of vriendin wat weier om besluite te neem. Óf hulle kan nie besluit waar om vir ’n drankie te ontmoet nie óf hulle kan nie kies watter slaai hulle vir middagete wil koop nie – en dit kan nogal irriterend raak. Maar daar is nou glo bewyse dat dit ook hul gesondheid skade kan berokken.

Hulle glo mense wat besluite uitstel, voel geweldig gespanne wanneer hulle wel later ’n besluit moet neem en dit plaas hul hart onder meer druk as dié wat vinnig kan kies. Die Kanadese studie is gedoen onder 980 mense, wat in groepe verdeel is na gelang van of hulle ’n hartsiekte of hoë bloeddruk gehad het. Die eerste groep het verkies om keuses uit te stel en tyd te mors pleks daarvan om dadelik aan spertye te werk. Hoewel die tegnieke veronderstel was om angstigheid te help verminder, is daar bevind dat dit druk op die hart plaas.

'Hulle glo mense wat uitstel, moet geleer word hoekom dit hul gesondheid kan benadeel en aangemoedig word om nie keuses te vermy nie.'

Navorsers aan die Bishop-universiteit in Quebec het die navorsing uitgevoer en hulle hoop dit sal lei tot aanpassings in hoe hartsiektes behandel word. Hulle glo mense wat uitstel, moet geleer word hoekom dit hul gesondheid kan benadeel en aangemoedig word om nie keuses te vermy nie.

Daar is boonop ook ’n aanduiding dat mense wat hierdie hartsiektes het, besluitneming uitstel omdat dit beteken hulle moet dit wat met hulle skort, in die gesig staar.

Maar dis niks nuuts dat mense graag uitstel nie. In 2012 het salary.com bevind amper tweede derdes van werknemers bring hul tyd op die internet deur terwyl hulle eintlik moet werk, en ’n vyfde het erken dit neem tot vyf uur per week van hul werktyd in beslag.

Dis maklik om iets uit te stel wat oninteressant is, maar ons het al almal daardie beklemmende gevoel ervaar wanneer ons besef ons moet begin werk aan ’n verslag wat ons baas soek.

Dis nie die gewildste raad nie, maar dis regtig beter om take betyds af te handel; jy sal minder tyd afstaan om jou daaroor te bekommer en jou werk sal waarskynlik beter wees.

Maar as jy regtig nie aan die gang kan kom nie, moet jy ’n beloning bedink – of dit ’n nuwe rok, uiteet of vakansie (vir ’n baie belangrike taak) is, dis wonderlik wat jy als gedoen kan kry as daar ’n beloning wag.

© Cover Media