Dit kan aanvalle van maagkrampe, opgeblaasdheid, diarree en/of hardlywigheid veroorsaak en slaan op die mees ongeleë tye toe.

Naas die groot rol wat kos speel, het stres ook ’n invloed op PDS.

“Dis belangrik om stres te vermy indien jy aan PDS ly, want dit kan ’n ernstige uitwerking hê op jou spysverteringstelsel,” het Julie Silver, ’n  opgeleide voedingsterapeut, aan Cover Media gesê.

Maar dis beslis beter gesê as gedaan om stres te vermy, daarom het Julie vyf wenke gegee oor hoe om een tree voor te bly in die stryd teen stres:

1. Haal ’n paar maal diep uit jou maag asem voordat jy eet. Dit help om stres te verminder, suurstof aan die liggaam te gee, en ook dat meer voedingstowwe uit die voedsel geabsorbeer word.

2. Steek ’n kers aan en speel ontspanningsmusiek terwyl jy eet sodat jy kalmer kan bly en minder stres ervaar terwyl jy jou kos geniet.  

3. Plaas ’n druppel kalmerende, suiwer vlugtige olie, soos lemoen, bergamot, kamille of wierook, op ’n sneesdoekie en asem dit in.

4. Gaan op die laatste elfuur bed toe om ’n goeie nagrus te kry. Eet minstens drie uur voor jy gaan slaap niks meer nie en, indien moontlik,  skakel jou rekenaar, selfoon, tablet en televisiestel ’n uur of twee voor slaaptyd reeds af.

5. Doen gedurende die dag ’n klompie ontspanningsoefeninge, soos joga of tai tji, of gaan stap net ’n lekker entjie in die natuur,