Ons weet almal suiker is sleg vir ons middellyf en hoe meer ons daarvan inkry, hoe meer gewig sal ons aansit.

In ’n navorsingstuk deur die Queen Mary-universiteit in Londen is onlangs daarop gewys die verlaging van 40 persent in die suikerinhoud van versoete drinkgoed oor die volgende paar jaar sal ’n miljoen gevalle van vetsug in die VK voorkom.

Suiker beïnvloed egter nie net ons gewig nie, want die wetenskaplikes, asook dr. Nerina Ramlakhan, deskundige by Silentnight-beddens, het die negatiewe impak benadruk wat suiker op ons slaappatroon het.

Dr. Anna Weighall van die Universiteit van Leeds het onlangs met Silentnight saamgewerk aan ’n omvattende studie wat ’n verband gevind het tussen hoeveel ons slaap en die intensiteit van ons hunkering na suiker.

Lees ook: Maaltye + avokado’s = gewigsverlies

Navorsingsinligting wat in Sleep Disorders: Treatment & Care opgeteken is, het aan die lig gebring dat diëte wat baie kilojoules bevat, tot korter slaaptyd by jong mense lei.

Leptien is ’n hormoon wat honger verminder en sy hoogtepunt is wanneer jy slaap, dus beteken dit dit neem af wanneer jy slapeloos is.

Leptien hou die hongerpyne in bedwang, maar ’n ander hormoon, grelien, verhoog die smagting na kos en is meer teenwoordig as jy sukkel om te slaap.

“Met praatjies oor ‘suikerbelasting’ word ons almal toenemend meer bewus van die negatiewe uitwerking van suiker op die volk se gesondheid, veral wat gewigstoename en vetsug betref,” het Anna verduidelik.

Lees ook: Wil jy die versoeking weerstaan? Plaas dan bederfies naby die minder dominante hand

“Wetenskaplikes het ook daarop gewys dat ons dieet belangrik kan wees wat slaap betref. Daar is bewyse dat volwassenes sowel as kinders met hoëkilojoulediëte geneig is om minder te slaap.

Nerina voel sterk daaroor dat suiker teen slaaptyd vermy behoort te word, veral deur mense wat lig slaap.

“Iets interessants wat in die navorsingstuk voorkom, is dat ons kan sien hoe vinnig die verhouding tussen suiker en slaap in ’n negatiewe siklus kan ontaard: Dit wat ons in ons liggaam inneem, onderbreek ons slaappatroon, ons word dan wakker gehou en ons liggaam begin smag na al die dinge wat ons wakker hou,” het sy bygevoeg.

“Suiker kan groter rusteloosheid en hiperaktiwiteit veroorsaak, veral as jy ’n ligte slaper is. Ek sou mense aanmoedig om die kringloop te breek met ’n slaapdrankie met min of geen suiker. As jy ’n warm slaapdrankie verkies, is dit die beste om amandelmelk te gebruik, want dit bevat baie triptofien, wat bewys het dat dit slaap verbeter.”

© Cover Media

Ander stories op Huisgenoot.com:

Driepoot Hopalong is ‘vreesloos’

Week oue baba oorleef op stortingsterrein

‘Vrugte-algebra’ laat internetgebruikers omtrent kopkrap

Minister van geluk streef na glimlagte

Oud-Springbok Klippies Kritzinger sterf