Knaende sooibrand kan jou lewensgehalte knou. Hier is ’n paar maniere waarop jy dit kan help voorkom:

1. Eet gereeld klein maaltye en hou op rook.

2. Beperk jou inname van alkohol, sjokolade, kafeïen, sterk gegeurde kosse, vetterige rooivleis, gebraaide kosse, sitrusvrugte, rou uie, tamatiesen pepermente.

3. Verloor gewig as jy oorgewig is.

4. Vermy klere wat styf om jou middel sit. Dit kan maagsuur in die slukderm opdruk.

5. Slaap met jou kop sowat 15 cm hoër as jou lyf