1. Oefen weekliks minstens twee en ’n half uur matig.

2. Moenie rook nie.

3. Kyk weekliks hoogstens sewe uur televisie.

4. Handhaaf ’n gesonde gewig; dus ’n liggaamsmassa-indeks van tussen 18 en 25.

5. Drink matig – te veel drank verhoog jou kans op hartsiektes. Vroue wat een glasie per dag geklink het, het beter gevaar as geheelonthouers.

6. Volg ’n gesonde dieet, soortgelyk aan die “gesond-eet-piramiede” wat deur Harvard se skool van openbaregesondheidsvoeding ontwerp is.

Wat is die Harvard-dieet?

Die dieet beveel aan dat rooivleis, verwerkte vleis, suiker, drankies wat baie suiker bevat en sout beperk moet word.

Wit brood, rys, pasta en aartappels moet in klein hoeveelhede geëet word. Die stapelvoedsel van die dieet is groente, vrugte en volgraanprodukte, soos bruinrys en hawermout.

Kaas, laevet-suiwelprodukte, pluimvee en vis word ook aanbeveel.

“Die sterftesyfer van hartsiektes in Amerika neem al die afgelope vier jaar af, maar onder vroue van 35 tot 44 was daar nie ’n soortgelyke afname nie,” het Andrea K. Chomistek, die studie se hoofskrywer en –navorser aan die Universiteit van Indiana, gesê.

Ná twee dekades se navorsing kan wetenskaplikes bevestig dat driekwart van alle hartaanvalle by vroue voorkom kan word as hulle gesond lewe.

In die 20 jaar dat die studie geduur het, het 456 van die 70 000 vroue ’n hartaanval gehad, maar by 31 691 is ’n risiko gediagnoseer vir hartsiektes, soos diabetes, hoë bloeddruk en hoë cholesterol.

Vroue wat ’n risiko vir hartsiektes het, kan hartaanvalle vermy deur minstens vier van die ses leefstylaanpassings te doen, is in die studie bevind.

Die gemiddelde ouderdom waarop hartaanvalle by vroue voorkom, is 50.

Bron: TIMESLive en www.htsyndication.com