Een van die doeltreffendste maniere om gewig af te skud, is om hittegewende, vetterige voedsel met plante te vervang en om meer plantaardige voedselsoorte by jou dieet te voeg.

En dit beteken nou ook nie jy moet Beyoncé se streng vegetariese dieet volg nie.

Hoewel navorsing oor die skakel tussen veganisme en gewigsverlies nog in sy kinderskoene is, het Obesity.org berig plantgebaseerde diëte lei tot meer gewigsverlies as wanneer die klem op die vermindering van kilojoules geplaas word.

Lees ook: Wil jy gewig verloor? Hier is voedselsoorte om ná oefening te eet

Produkte wat van diere afkomstig is, bevat van nature meer hittegewende stowwe as plantaardige voedsel, dus sal ’n dieet waar die klem grootliks op ’n samestelling van plantprodukte gelê word, die oortollige kilojoules op ’n natuurlike wyse uitroei.

Vleis en diereprodukte is egter nie die enigste groepe wat jy met ’n maaltyd wat op plante gebaseer is, uitsny nie.

In die meeste gevalle sal jy ook oortollige suiker, bygevoegde suiker, verwerking en bymiddels uitskakel.

Heel vrugte en groente (en peulgroente) bevat meer vesel en daar is ’n sterk band tussen die eet van meer vesel en gewigsverlies, aangesien jou maag versadig word en dit die kos makliker verteer.

Lees ook: Hier is die geheim om gewig meer effektief af te skud en boonop af te hou

Benewens gewigsverlies sluit ’n dieet vol groente nog verskeie ander voordele in. Voedsel wat op plante gebaseer is, bevat minder vet en cholesterol.

Hoe voeg ’n mens meer plante by jou dieet? Begin deur klein veranderings aan te bring, soos om byvoorbeeld een groen groentesoort by elke maaltyd te voeg en ’n paar dae per week nie vleis te eet nie.

As jy nog nie gereed is om dae van broccoli en kool te verwelkom nie, het Vleislose Maandae – een dag waarop jy net plantgebaseerde maaltye eet – baie gewild geraak as ’n manier om gewig af te skud en ook die omgewing te help.

© Cover Media