Die partytjieseisoen is hier – dit beteken laat nagte, drankies wegslaan, dans tot die son opkom en haal waarskynlik ’n bielie van ’n babelas. Simptome daarvan sluit in ’n groot dors, ligsensitiwiteit, duiseligheid, lyfseer, vaakheid en beslis prikkelbaarheid. Duidelik hou ons liggaam nie van ’n oormaat alkohol nie, en dit is deels omdat etanol, die psigoaktiewe stof daarin, amper elke seinstelsel in die brein affekteer. Etanol affekteer ook die prikkelende glutamaat en die groot inhiberende neurotransmitter, Gaba. Eenvoudig gestel: die gevoel van besopenheid is deel die produk van die glutamaat se aktiwiteit wat onderdruk word en die Gaba s’n wat vermeerder.
Ons wil jou nie in ’n Scrooge verander nie; ons waarsku maar net.

Maar die simptome kom nie net van jou brein af nie; jou lewer kry ook slae wanneer jy alkohol drink, want dit verwerk asetaldehied, ’n gifstof wat geskep word wanneer ons alkohol drink. Met twee ensieme en die antioksidant glutatioon kan die lewer die asetaldehied taamlik vinnig afbreek. Maar dit is nie net goeie nuus nie – die liggaam het net ’n beperkte hoeveelheid glutatioon en terwyl die lewer werk om nog te produseer, talm die gifstowwe in die lewer en begin dit skade aanrig.

Ons wil jou nie in ’n Scrooge verander nie; ons waarsku maar net.

Beproef ’n groen dag: Op so ’n dag eet jy alles wat groen is, soos boerkool, spinasie, broccoli, avokado’s, groen appels en groen sappe. Groen kosse bied baie antioksidante, gee jou immuunstelsel ’n hupstoot, is laag in kilojoules en help jou aandjie uit se oordaad balanseer.

Dans tot die hoenders kraai: Moenie sit en kyk nie; dans na hartelus. Jy sal kilojoules verbrand (tot 1 000 kJ in ’n halfuur), die alkohol uitwerk en ’n paar goedvoel-hormone vrystel.

Kry genoeg vesel in: Maak seker jy kry genoeg vesel in; dit sal jou ingewande help skoonkry en voor ’n tydperk van lekker eet en drink jou spysvertering aanhelp.

© Cover Media