Mens hoor gedurig dit is ’n onding om agter jou rekenaar vasgenael te sit. Die kenners sê jou stresvlakke kan verhoog as jy e-posse lees wanneer jy nie op kantoor is nie en jy sal sukkel om aan die slaap te raak as jy voor slaaptyd na jou Kindle of slimfoon se skerm staar. En wie van ons ken nie iemand wat Facebook vaarwel geroep het nadat hulle hul vriende se lewe begin begeer het nie?

Tog blyk ’n verknogtheid aan tegnologie ook voordele in te hou – veral as jy ’n vrou is. En, interessant genoeg, kan gereelde besoeke aan webtuistes soos Facebook en Twitter vroue help om angstigheid baas te raak.

Moet jou nie oor sosialemedia verknies nie. As jy dit geniet en graag so met mense op hoogte bly, gryp dit aan.

“ ’n Vrou wat Twitter verskeie keer per dag gebruik, 25 e-posse per dag stuur of ontvang en twee digitale foto’s per dag met haar selfoon deel, se telling is 21 persent laer op ons stresmaatstaf as dié van ’n vrou wat glad nie die tegnologie gebruik nie,” word in die verslag beweer.

Maar dis ietwat irriterend dat die navorsers nie ’n klinkklare rede gee waarom dit die geval is nie. Hulle sinspeel wel daarop dat die daad van inligting deel vroue laat goed voel.

“Deel deur e-pos, stuur van teksboodksppe of foto’s van geleenthede kort nadat dit gebeur het en jou uitdruk deur die klein brokkies aktiwiteit wat Twitter toelaat, bied vroue ’n min veeleisende en maklik toeganklike hanteringsmeganisme wat mans nie ervaar of benut nie,” word verduidelik.

Maar dit is nie net positief nie. As jy jou vriende moeilike goed sien beleef, kan dit op jou ook ’n uitwerking hê. In leketaal: As jy ’n plasing lees oor iemand wat gepanne is, sal jy waarskynklik ook die emosie toon. Daar is ook bevind vroue is meer bewus van hul geliefdes se probleme, maar dit kan wees omdat vroue makliker probleme deel.

Ter opsomming: Moet jou nie oor sosialemedia verknies nie. As jy dit geniet en graag so met mense op hoogte bly, gryp dit aan.

© Cover Media