Wel, volgens onlangse navorsing deur prof. Ron Eccles, direkteur van die sentrum vir verkoue aan die Universiteit van Cardiff, kan die virus nie werklik deur ’n soen oorgedra word nie.

Hy meen die virus word deur slym versprei en nie deur speeksel nie; dus hou ’n innige kus geen gevaar in nie.

Die meeste van ons is salig onbewus hiervan. In ’n opname waarby ’n duisend Britte betrokke was, is bevind meer as die helfte sal ’n eerste soen op ’n afspraak weier as die ander persoon verkoue het. Amper nege uit 10 sal handjies vashou, salig onbewus daarvan dat jy waarskynliker so aangesteek sal word, aangesien ’n mens maklik jou vingers gebruik om besmette plekke mee af te vee.

'Tensy jy dus ’n slegte hoes het en van die slym uit die asemhalingstelsel kom met jou speeksel in aanraking, sal die verkouevirus nie deur ’n soen oorgedra word nie'

Bloot die gedagte daaraan dat iemand met verkoue vir ’n eerste afspraak kan opdaag, was vir een uit vyf van die deelnemers genoeg om ’n tweede afspraak van die hand te wys, en 79 persent sou nie weer uitgaan met iemand wat sy neus aan sy mou afvee nie.

Mense is so bang om kieme te kry dat sowat ’n vyfde nie eens ’n bed met ’n sieke sal deel nie. Dit kom voor asof vroue banger is vir siek word, aangesien meer as twee derdes nie ’n maat sal soen wanneer hy verkoue het nie. By die mans was dit minder as die helfte.

Die navorsing is in opdrag van die antistuwingsmiddels Otrivine gedoen.

“Die gewone verkouevirus beweeg in die slym wat van die asemhalingstelsel af kom. Tensy jy dus ’n slegte hoes het en van die slym uit die asemhalingstelsel kom met jou speeksel in aanraking, sal die verkouevirus nie deur ’n soen oorgedra word nie,” het Ron gesê.

“Besmette vingers dra die verkouevirus oor na die neus en die oë. Jou vingers kan maklik besmet raak deur virusse as jy handjies vashou met iemand wat in sy hand gehoes of genies het, of as jy aan deurhandvatsels in openbare plekke vat.”

Hy het bygevoeg dat, om die infeksie te versprei, jy in geweldig noue en langdurige kontak moet wees met iemand wat verkoue het. As jy op hom hoes en nies, sal dit die sneller wees wat die verkoue aan die gang sit.

Gareth Coady van Otrivine het opgemerk dat mense beslis nie die gewone verkoue verstaan nie en dat hulle dus die groot gevoor loop om dit weens onkunde op te doen.

© Cover Media