So weet jy dis beroerte:

As iemand skielik verward, baie swak en duiselig lyk of ongekoordineerd beweeg, het hy moontlik ‘n beroerte gehad. As jy wil seker maak, onthou die anagram FAST:

F IS VIR FACE. Is sy gesig skeef? Vra hom om te glimlag – is een mondhoek laer as die ander?

A IS VIR ARM. Vra hom om albei arms op te lig. Kyk of dit vir hom moeilik is om hulle bo te hou en of een arm effens laer is as die ander.

S IS VIR SPRAAK. Vra hom om ‘n maklike sin te sê. Sleep sy tong, klink hy verward of sukkel hy om die regte woorde te vind?

T IS VIR TYD. Kry hom so gou moontlik by ‘n hospitaal wat toegerus is om beroertes te hanteer (gaan na die grootste hospitaal naaste aan jou). Die eerste drie uur is baie belangrik.