Verlede maand het navorsing deur die Amerikaanse Hartvereniging mense geskok met die bevinding dat oefening terwyl jy ontsteld is, jou kans op ’n hartaanval kan verdriedubbel.

Maar mense moenie toelaat dat hierdie skokkende bevinding keer dat hulle oefen dat die sweet spat nie, want oefening maak nie net ons liggaam fiks nie; dit verrig ook wondere vir ons verstand.

Die fiksheidsorganisasie Les Mills UK het aan ons ’n klompie redes genoem waarom oefening so noodsaaklik is vir verstandelike welstand.

Gee selfvertroue ’n hupstoot

Verminder spanning en angs

Die endorfiene wat tydens oefening vrygestel word, veroorsaak dat jy ’n gevoel van euforie en geluk ervaar. Voorheen is bevind oefening kan simptome van depressie verminder en dis ’n yslike pluspunt. Om dit selfs meer prettig te maak, kan jy saam met vriende oefen vir ’n gewaarborgde giggelsessie.

Help ons ontspan

Slaan die kruie-slaappil en kussingsproei gerus oor; ’n goeie oefensessie kan wondere doen vir jou slaapgewoontes. Jou liggaam sal gewoond raak aan ’n siklus van werk, rus, herstel as jy ’n rooster volg en dit kan oorgaan in ’n vaste nagrus. Selfs net ’n kwartier se oefening saans voor ete kan genoeg wees om jou liggaam en gees gereed te kry vir droomland.

Maak ons meer produktief

In studies is bevind werknemers wat gereeld oefen, doen baie meer in hul werkplek en hulle het meer energie as diegene wat net heeldag daar sit. Dit lyk dus asof fiksheid ons verstand ook kan opskerp en dit is beslis ’n plus wat die eerste twee punte betref: Hoe beter jy jou werk doen, hoe meer tevrede gaan jy voel.

Laastens bied oefening nog ’n effense bonus aan ons dieet. Dopamien, wat bekend staan as die “beloningschemikalie” is nog ’n hormoon wat tydens oefening vrygestel word. Pleks van reik na ’n stafie sjokolade ná ’n drafsessie, gaan jy reeds goed genoeg voel danksy die dopamien, en dit sal mettertyd jou drang na soetgoed hokslaan.

© Cover Media