’n Bak graankos is ’n vinnige, vullende en gewoonlik gesonde manier om die dag mee te begin – die meeste mense eet dit soggens, maar sommige geniet dit selfs as ’n vinnige aandete.

Wees egter versigtig, want dit kan ’n maklike manier wees om gewig aan te sit as jy dinge gereeld oordoen.

Hier volg ’n paar wenke om jou daaglikse bakkie ’n bietjie gesonder te maak:

Geen bodemlose bakke nie

Ons het dit al almal gedoen – vir ons ’n bak graankos uitgegooi, te veel melk bygevoeg en ná die eerste bakkie vol nog ’n bietjie graankos bygevoeg, toe nog ’n bietjie melk, ensovoorts.

Plaas een porsie graankos in die bakkie, voeg die melk by en hou op.

Lees ook: Jogurt ‘verlaag risiko vir hoë bloeddruk’

Bêre die graankos en sit die melk terug in die koelkas sodat jy nie in die versoeking kom om te veel te eet nie.

Kyk ook na die aanbevole porsiegroottes op die boks, aangesien porsiegroottes van handelsmerk tot handelsmerk kan verskil en moenie die porsiegroottes met die oog skat nie.

Probeer om liewer jou porsiegroottes ewe groot te hou deur dit met ’n maatkoppie af te meet.

Moenie te veel goed bo-op stapel nie

Jogurt, vars vrugte, droëvrugte, chia-sade en klapper is alles gesonde bestanddele wat die vesel- en proteïeninhoud kan verhoog.

Dit verhoog egter ook die kilojoule-inhoud as jy nie versigtig is nie.

Gebruik porsiegroottes van tussen 1 250 en 1 650 kilojoules as gids.

Lees ook: Ontbyt oorslaan ‘moontlik goed vir jou dieet’

Gebruik die regte melk

Dit wat jy in die oggend oor jou graankos gooi, het ook ’n invloed op jou kilojouletelling.

Kies afgeroomde melk (ongeveer 375 kilojoules) pleks van volroommelk (wat baie kilojoules bevat), aangesien die twee soorte se kalsium- en proteïeninhoud dieselfde is.

Of probeer ’n suikervrye alternatief, soos sojamelk, wat ongeveer 335 kilojoules bevat, of onversoete amandelmelk met 125 kilojoules.

Los die suiker uit

Versuikerde graanvlokkies is nou wel heerlik, maar dit bevat baie suiker.

Bekyk die etikette wat die voedingswaarde en bestanddele aandui voor jy die produk koop en maak seker geen suiker verskyn op die lysie nie.

Soek liewer hawermout en volgraanvesel.

© Cover Media

Ander stories op Huisgenoot.com:

‘Ek moes dae lank na leuens luister,’ sê regter in Zephany-saak

Die ooievaar is omtrent besig onder bekendes – kyk wie se dogtertjie is ook gebore!

Liam Payne dolverlief op Cheryl Fernandez-Versini

Twee vissermanne sterf ná boot aan Weskus omslaan