Daar is ook bevind ’n verbinding in die produk vernietig mondkankerselle, maar wetenskaplikes was aanvanlik nie seker hoe dit in staat is om dit te doen terwyl die gesonde selle ongeskaad bly nie. Hulle glo egter nou hulle het ’n deurbraak gemaak en uitgepluis hoe dit moontlik is. Wetenskaplikes aan die Penn-staatsuniversiteit in Amerika het die spesifeke meganisme ontleed wat die groentee-verbinding in staat stel om die siek selle te teiken. Daar is in vorige navorsing bevind dat epigallokatechien-3-gallaat (EGCG), ’n verbinding wat in groentee aangetref word, mondkankerselle vernietig sonder om normale selle te beskadig. Dié nuwe ontleding het daartoe gelei dat wetenskaplikes nou glo dat EGCG ’n proses aanwakker wat veroorsaak dat die selle doodgaan.

Jy kan elke dag groentee drink, en dit ook by ander dele van jou dieet inwerk.

“EGCG doen iets om die mitochondria (’n membraan wat in sommige selle gevind word) te beskadig,” sê prof. Joshua Lambert, ’n spesialis in voedselwetenskap en mede-direkteur van die Penn-staatsuniversiteit se Plant and Mushroom Foods for Health-sentrum. “Daardie mitochondriale skade lei tot ’n siklus wat meer skade veroorsaak soos dit versprei, tot die selle doodgaan. Dit lyk EGCG die vorming van reaktiewe suurstofspesies in kankerselle verorsaak, wat die mitochondria beskadig, en die mitochondria reageer hierop deur meer reaktiewe suurstofspesies te vervaardig.”

Jy kan elke dag groentee drink, en dit ook by ander dele van jou dieet inwerk. Plaas soggens ’n groentee-sakkie in kookwater en meng dan jou gunsteling-hawermout en vrugte daarby om jou pap ekstra skop te gee.

En as jy moeg is daarvoor om dit net so te drink, hoekom probeer jy nie ’n groentee-drankie nie? Kry die poeiersoort en voeg vetvrye natuurlike jogurt, vrugte soos ’n piesang of bessies daarby en meng. Gebruik gevriesde bessies om ’n ekstra koue drankie te maak wat jou verfris en boonop ekstra anti-oksidante bevat.

Jy kan ook groentee-poeier as bolaag vir vis of vleis gebruik. Meng met gekapte neute, soos amandels, pistachioneute of okkerneute en rol dan jou vis of vleis in die mengsel voor jy dit in die oond bak.

© Cover Media