OEFENGIERE kom en gaan, maar een het die toets van die tyd deurstaan. Dis eenvoudig, gratis, jy’t so te sê geen toerusting nodig nie en omtrent almal kan dit doen.

[caption id="attachment_112519" align="alignnone" width="600"] Oefengiere kom en gaan, maar een het die toets van die tyd deurstaan: stap.[/caption]

"Stap is wêreldwyd besig om een van die gewildste aktiwiteite vir gesondheid en fiksheid te word,” sê Kathleen McQuaide, bemarkings- en mediabestuurder van die Suid-Afrikaanse Sportwetenskapsinstituut in Kaapstad. “Dit kikker jou hele lyf op, jy oefen nie te veel druk op jou spiere en beendere uit nie en die gevaar van beserings is laag.” Vele Suid-Afrikaners wat stap, vind dit is nie net goed vir gewigsverlies nie, maar ook vir die siel.
Vele Suid-Afrikaners wat stap, vind dit is nie net goed vir gewigsverlies nie, maar ook vir die siel.

Pamela Woest (35) van Springs het in 2012 begin met haar reis om te stap sodat sy gewig kon verloor. Sy het die besluit in 2012 geneem ná “nog ’n Kersete” toe sy ’n hewige pyn in haar heupe begin voel het.

“Ek het geweet dis my gewig,” verduidelik sy.

Sy het met 5 km begin en stadig maar seker gevorder tot sy die radiostasie Talk Radio 702 se staptog van 30 km kon voltooi.

“Dit was ongelooflik om die eindstreep oor te steek. Ek het gevoel ek het iets bereik,” sê Pamela. “Stap is die ding om te doen. Jy kan stap maak nie saak hoe oud jy is nie. Begin net stap – selfs al is dit net 100 meter!” moedig sy lesers aan.

Met stap en gesond eet het Pamela van 15 kg ontslae geraak.

Om meer uit te vind hoe Pam en drie ander lesers ongewenste kilogramme afgeskud het deur bloot te begin stap, TESAME met ons maklik om te volg 'Stap binne 6 weke 6 km'-gids, koop die nuutste uitgawe van Huisgenoot Wendiëte.

Kry dit nou by jou naaste handelaar of in ons aanlynwinkel.

HG Cover