Dit kan baie oorsake hê, veral groot lewensveranderinge, soos die dood en aflegging. Terwyl ons nooit sou sê leefstylveranderinge kan depressie genees nie, kan klein veranderings aan jou roetine jou bui help verbeter.

Stap regop

Wanneer jy in ’n slegte bui is, sal dit dalk moeilik wees om met mening te stap, maar dit is ook waar dat ’n slap liggaamshouding ’n slegte bui kan veroorsaak. Health.com verwys na ’n studie in die Journal of Behavior Therapy and Experimental Psychiatry wat voorstel mense met ’n slap liggaamshouding is geneig om slegter buie te hê (en het ook meer slegte herinneringe) as dié wat regop stap en hul arms swaai.

Foto’s

Almal het iemand in hul vriendekring wat lief is vir foto’s neem. Of hulle groepfoto’s neem wanneer julle saam is of jou Facebook- of Instagram-nuusvoer oorval met selfies wanneer julle nie saam is nie, is dit dalk nie goed vir hulle nie. ’n Studie in die joernaal Psychological Science stel voor mense wat foto’s van dinge neem onthou dit slegter as dié wat dit net geniet. Dalk is dit tyd om die kamera neer te sit en die oomblik te geniet.

Oefening

Ja, dit voel dalk soos ’n straf, maar oefening is regtig goed vir jou. Daar is al in verskeie studies bevind dat mense wat gereeld oefen, geneig is om minder depressief te wees as mense wat nooit oefen nie. Boonop sal jy ’n goeie skoot endorfiene kry sodra jou hart vinnig begin klop. Sien jy nie kans vir groepklasse of die trapmeul nie? Beproef iets soos stap, trap klim of sport beoefen.

Probleme

Die meeste mense stel take, soos om ’n belastingopgawe in te vul, uit, maar as jy te angstig is oor ’n wagtende taak, moet jy dalk bekommerd wees. Jy sal sien jy sal mettertyd ál angstiger raak en nog meer probleme veroorsaak. Probeer ’n beloning – kuier met vriende of gaan doen inkopies en doen dat wat jy moet doen.

Lag

Wanneer die lewe jou onderkry, is dit maklik om swartgallig oor alles te wees. ’n Bietjie slegte terugvoer kan soos die einde van die wêreld voel. Die psigoterapeut dr. Erin Leonard het aan health.com gesê lag is een van die beste maniere om angs en depressie te verlig, wat maklik is om te sê, maar hoe begin jy? Begin stadig – dalk kan jy ’n komedie kyk of met ’n vriend gesels oor die lawwighede wat julle al kwytgeraak het.

© Cover Media