Nina Dobrev

As jy een van die sexyste vampiere op TV wil wees, moet jy seker maak jy bly fiks en soepel. “Ek doen drie of vier keer per week joga. Dit bied ontvlugting. Ek sou ’n joga-instrukteur kon wees. Ek was een keer by ’n klas waar die instrukteur nie opgedaag het nie. Ek het vorentoe gegaan, die klas begin lei en almal het my gevolg,” sê die Nina Debrov (24) van The Vampire Diaries.

 Khloe Kardashian

Almal weet vrugte is gesond, maar jy moet dit eet, hoor! Moenie soos die werklikheidstelevisiester Khloé Kardashian (28) net daarmee poseer nie.

Amanda Seyfried

Die Les Misérables-aktrise Amanda Seyfried (27) bly fiks saam met haar hond, Finn. Sy hardloop vyf dae per week en doen naweke Pilates, maar behou darem ’n balans. “As jy nie aan die einde van die dag ’n koekie en ’n stukkie kaas kan eet nie, waaroor gaan die lewe dan nou eintlik?” Ons stem!

Justin Timberlake

Die sanger en akteur Justin Timberlake (32) hou sy lyf Suit & TieSTET-gereed! “Ek word wakker, doen strekoefeninge, oefen 20 minute lank op die trapmeul of enigiets anders om te sweet.”

Redfoo

Stefan Gordy (37), oftewel Redfoo van die Amerikaanse groep LMFAO, lyk funky in sy tennis-uitrusting. Baie oulik!

FEIT Tennis help met vetverbranding en bevorder kardiovaskulêre fiksheid. Dit help ook met koördinasie en soepelheid.

Audrina Patridge

Die werklikheidstelevisiester Audrina Patridge (27) wys hoekom sy een van die mooiste lywe in Hollywood het! “As jy gesond eet, na jouself omsien, gereeld gim toe gaan al is jy nie lus nie, gaan jy beter van binne en buite voel.”

BRONNE: perezhilton.com, examiner.com, self.com, weightlossresources.co.uk