Bad jy graag? Indien wel, word jy meer dikwels opgekikker deur 'n weeksessie as wat jy miskien mag besef.

In die eerste plek kalmeer dit jou gemoed en verlig stres. Ná ’n dol dag by die werk kan dit ’n ontvlugting wees om in die warmte van die water te sit en ontspan.

Inwendige peptiede word vrygelaat wanneer die liggaamstemperatuur styg. Hulle is kort opeenvolgings van aminosure wat reseptore in die brein verbind en dit skep ’n sensasie wat soortgelyk is aan dié wat deur endorfiene aangewakker word. Dit verklaar jou gevoel van behaaglikheid wanneer jy in die bad lê!

Hoe meer jy ontspan, hoe beter sal jy slaap.

Hoe meer jy ontspan, hoe beter sal jy slaap. Ons het almal al gehoor dat ’n koel kamertemperatuur ’n goeie nagrus aanhelp, en, terwyl ’n warm bad jou liggaamstemperatuur sal verhoog, sal dit ook jou bloedvate laat uitsit.

Jou kerntemperatuur daal dus en dit laat jou koel en opgewek voel wanneer jy in die bed kruip. As daar ’n kilte in die lug kom, kan swak sirkulasie inskop. ’n Bad sal druk op jou liggaam plaas en jou hart sal harder pomp om meer bloed deur die liggaam te versprei. Wanneer jy uit die bad klim, gaan jy beslis van meer sensasies bewus wees as toe jy ingeklim het!

Dit help ook gewigsverlies aan!

Nog ’n groot voordeel van die bad lê in die feit dat dit gewigsverlies kan aanhelp, aangesien ’n vorige studie ’n gereelde weeksessie gekoppel het aan die verlaging van glukose- en suikervlakke by diabete.

Mense wat ses dae per week 20 – 30 minute lank in die bad geweek het, het ’n indrukwekkende 1,1 kg per maand verloor.

En diegene wat kla dat ’n mens ‘in jou eie vuil water sit’ kan die volgende feit in ag neem: wanneer jou hele vel klam is, absorbeer jy baie meer vog.

Probeer om ’n paar minute in die lug droog te word nadat jy uit die bad geklim het en dan smeer jy ’n goeie lyfroom aan, aangesien dit nou op sy beste geabsorbeer word.

© Cover Media