Sommige goed is buitengewoon moeilik om te kook – dink net aan soufflés, risotto en die perfekte biefstuk. Maar rys? ’n Mens gooi dit mos net in ’n pot kookwater, roer dit en siedaar! Of so dink jy.

Dit is omdat dit van die stysel kom wat dit in suiker omskakel, en dit word in die liggaam as vet geberg.

Nuwe navorsing is dus interessant omdat ’n student aan die Kollege van Chemiese Wetenskappe in Sri Lanka dalk ’n manier gevind het om rys sonder die kilojoules te kook. “Ons het die rys soos gewoonlik gaargemaak, maar toe die water kook, net voor die rou rys ingegooi word, het ons klapperolie ingegooi – omtrent 3 persent die gewig van die rys wat jy gaan kook,” het Sudhair James verduidelik, wat Maandag sy voorlopige navorsing by Nasionale Byeenkoms en Uiteensetting van die Amerikaanse Chemiese Vereniging (ACS) aangebied het.

''

“Toe dit gereed is, het ons dit 12 uur lank in die koelkas laat afkoel. Dit is al.” Hy beweer dat hierdie metode kilojoules met tot die helfte verminder, maar hoe werk dit?

Die probleem is dat sommige stysels ons laat gewig aansit, terwyl die moeilik verteerbares nie verteer word nie. In navorsing is bevind die kookproses kan die soort stysel in sekere kosse verander, en dit is wat hier gebeur het. Dr. Pushparajah Thavarajah het Sudhair gelei in sy eksperiment. Agt en dertig soorte rys is in agt resepte gebruik.

Daar is vasgestel dat hierdie verandering plaasgevind het deur iets soos klapperolie (wat bekend is as ’n lipied) by te voeg voor dit gekook word. Daarna moet die rys koud word net nadat dit van die hitte verwyder is.

“’n Wisselwerking vind plaas tussen die olie en die stysel in die rys, en so verander die rys se samestelling,” het Sudhair verduidelik. “Deur die rys te laat afkoel, help jy om die omskakeling tussen stysels te bevorder. Die resultaat is gesonder, selfs wanneer jy dit weer opwarm.”

’n Gedeelte van die resultate hang ook af van die soort rys wat gebruik word; daar word gehoop dat die tegnologie na ander kos oorgedra kan word.

’n Mens moet ook besef dat jy versigtig moet wees wanneer jy rys opwarm. Baie mense dink deur dit te doen, kan dit voedselvergiftiging veroorsaak, maar dit gaan eintlik oor hoe jy gekookte rys berg nadat dit gekook is.

Hoe langer jy dit teen kamertemperatuur laat staan, hoe groter is die kans dat daar bakterieë ontwikkel wat verband hou met voedselvergiftiging.

’n Mens moet dit so gou moontlik verkoel nadat dit gekook is, en jy kan dit net een keer verhit. Maar moenie dink dit is reg as jy hierdie metode gebruik maar dan ’n romerige kerrie by jou rys voeg nie.

Dit is steeds belangrik om gesonde keuses te doen met die res van jou maaltyd; probeer daarom ’n goeie porsie groente-ratatouille of -tagine by jou daaglikse maaltye insluit.

© Cover Media