Ons eerste Projek Klop die Skaaldieet was ’n reuse treffer. Lesers bel nou nog ons kantoor om afskrifte te vra. Deelnemers aan die projek en baie ander lesers volg die dieet reeds sedert dit verskyn het (’n Dieetplan 100 plus, 29 September 2011) en hou ons op die hoogte van hul inspirerende verslankingstories.

KLIK HIER vir die  grootste suksesverhaal tot dusver: Leanne du Preez

Vir dié wat die dieet al van die begin af volg, het ons die geregistreerde dieetkundige Annaret Brand van Kaapstad gevra om dit ’n bietjie aan te pas en ’n paar ander opsies te gee wat jy by jou daaglikse eetplan kan insluit. Ons wens ons lesers sterkte toe wat aanvanklik meer as 140 kg geweeg het en amptelik vir ons verslankingsprogram geregistreer het. En onthou, die verslanker wat die beste vaar, sal ’n mooimaaksessie en nuwe klerekas wen!

ALGEMENE REËLS

  • Suiker is verbode.
  • Geen botter of olie buiten wat in ’n resep genoem word nie.
  • As jy ’n mediese toestand het of medisyne drink, moet jy jou dokter of ’n geregistreerde  dieetkundige raadpleeg voor jy die dieet volg.

HAPPIES TUSSEN-IN

Jy mag elke dag drie porsies vrugte eet. Jy kan dit enige tyd eet, saam met etes of tussenin. Jy kan elke dag twee 125 mlbakkies vetvrye jogurt eet. Dit sluit die een vir ontbyt in.

AANPASSINGS VIR MANS

Ontbyt: Bly dieselfde Middagete: Die styselporsie word verdubbel. Aandete: Die proteïenporsie word 250 g. ONTBYT: 

Kies 1 item uit elk van die stysel- en proteïengroep en 1 opsionele item uit die vrugtegroep

Ontbyt

MIDDAGETE Kies 1 item uit die styselgroep, 2 items uit die proteïengroep, 1 koppie groente en/ of slaai en 1 opsionele item uit die vrugtegroep vir middagete Middagete AANDETE

Kies 1 item uit die proteïengroep, 2 koppies groente en/of slaai en 1 opsionele item uit die vrugtegroep vir aandete

Aandetet = teelepel = 5 ml

e = eetlepel = 15 ml

k = koppie = 250 ml