Te veel sout is 'n bekende oorsaak van hoë bloeddruk en hipertensie, wat weer die oorsaak is van hartsiektes en beroerte in Suid-Afrika. Met die oog op Wêreldhipertensiedag (WHD) Sondag, word Suid-Afrikaners aangeraai om hul bloeddruk gereeld te laat toets.
Owen het gewaarsku dat, indien hipertensie nie behandel word nie, dit tot koronêre hartsiekte, hartversaking, beroerte en skade aan die niere en oë kan lei.

Graankosse, verwerkte vleis, geurmiddels, southappies, margarien en botter bevat baie verborge sout, maar brood is een van die grootste sondebokke ten opsigte van ons soutinname.

"Ons brood bevat hoë vlakke van natrium. Dit is hoër as dié in baie van die eerstewêreldlande,” het Vash aan Health24 gesê.

Sy het gewaarsku dat die hoë vlakke van sout in brood, plus die groot hoeveelhede brood wat geëet word, beteken dat ons elke dag hopeloos te veel sout inkry. “Ons neem nie eens die sout in ag wat ons saam met met die brood eet nie.”

Daar is 'n geskatte 11 miljoen Suid-Afrikaners wat met hoë bloeddruk saamleef.

"Die meeste Suid-Afrikaners, selfs dié wat weet dat hulle aan hipertensie ly, neem dit nie ernstig genoeg op nie. Daar is 'n goeie rede waarom dit die 'stille doder' genoem word,” het Dr Mungal-Singh gesê.

"Ons smeek mense om hulle te laat toets. Dit is die enigste manier waarop jy kan uitvind wat jou bloeddrukvlakke is.”

Dr Owen Wiese van Health24, het gesê die maklikste manier om soutinname te verminder, is om minder sout te gebruik wanneer jy kook.

Volgens hom sluit tipiese simptome van hoë bloeddruk moegheid, erge hoofpyne, gesigsversteurings, ongereelde hartkloppings en borspyne in. Maar een van die grootste uitdagings is dat baie mense egter geen simptome ervaar nie.

"Jy kan dus onbewustelik aan die toestand ly.”

Owen het bygevoeg dat dit belangrik is om jou bloeddruk gereeld te laat toets, veral in die geval van mense met 'n familiegeskiedenis van hipertensie, hart- of niersiektes.

As hipertensie gediagnoseer word, is sy advies dat jy veranderinge in jou lewenstyl moet aanbring om die toestand te bestuur.

"Dit sluit in dat jy gewig verloor, 'n gesonde dieet volg, jou daaglikse natriuminname dophou en beperk, deelneem aan fisiese aktiwiteitte, alkohol matig gebruik en nie rook nie.

Owen het gewaarsku dat, indien hipertensie nie behandel word nie, dit tot koronêre hartsiekte, hartversaking, beroerte en skade aan die niere en oë kan lei.

Om te help met die regulering van soutinname, het die Minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, in 2012 wetgewing ingestel waarvolgens die natriuminhoud van sekere voedselsoorte, insluitend brood, verlaag moet word.

Dit behels dat 'n gewone brood teen 30 Junie 2016 slegs 400 mg natrium per 100 g moet bevat en teen 30 Junie 2018 moet dit na 370 mg natrium per 100 g verlaag word.

Met slegs ongeveer 'n jaar oor voordat die eerste doelwit bereik moet word, is daar min vordering by brood uit bakkerye van Albany, Blue Ribbon, Sasko en Sunbake gemaak om hierdie doelwit te bereik.

Toe Health24 die groot bakkerye, Pioneers Foods, Tiger Brands en Premier Foods om kommentaar genader het, het hulle geen terugvoering gekry nie.

Health24