Oefen jy tot die sweet jou aftap, maar jy sien ná ’n paar weke steeds geen resultate nie? Dan lê die probleem nie by jou oefenplan nie, dit kan lê by hoeveel kos jy in jou bord skep. Baie mense dink hulle eet gesond en neem goeie kosbesluite, maar hul porsiegroottes is dikwels groter as wat dit moet wees.

Vetsug is deesdae se een van die wêreld se grootste gesondheidsprobleme; dit word hoofsaaklik veroorsaak deur ooretery en as mense nie porsiegroottes verstaan nie.

Die porsiebeheerdieet sal jou die vetrolletjies help afskud en jou spiermassa verhoog. Dit sal jou ook energieker laat voel. Om gewig te verloor moet jy suiker uitsny, asook kos wat baie sout en vet bevat. Jy kan steeds jou geliefkoosde kosse geniet, maar jy moet net die porsies kleiner maak.

Brigitte Leclercq, geregistreerde dieetkundige van Panorama Dietitians in Kaapstad, vertel meer oor die porsiebeheerdieet. Dié eetplan sal jou help om tot 1 kg per week af te skud.

Porsie-groottes

SO WERK DIT

Kies enige ontbyt, twee peuselhappies, middag- en aandete hieronder. Jy kan die maaltye meng en pas, mits dit in dieselfde kategorie val.

  • Oefen elke dag ’n halfuur vir die beste resultate – al is dit net om by die werk die trap te klim of met die hond om die blok te gaan stap.
  • Die dieetplan is beperk tot sowat 5 500 – 6 500 kJ per dag vir vroue en sowat 7 000 – 8 000 kJ vir mans. Mans kan 1,5 keer soveel koolhidrate, proteïen en vet as vroue eet, byvoorbeeld 135 g hoender, terwyl vroue 90 g kan eet. Kinders en baie aktiewe mense moet ’n geregistreerde dieetkundige raadpleeg vir ’n individuele dieetplan.

 HIER IS JOU EETPLAN

DAG 1 van die Porsiebeheerdieet

Ontbyt

1 sakkie kitshawermout (gewoon) met 1 k afgeroomde melk

Happie in die Porsiebeheerdieet

3 Pro-Vitas met 2 t suiker- en soutvrye grondboontjiebotter

Middagete in die Porsiebeheerdieet

’n Halwe tramezzini gevul met hoender en pikantrissies met ’n groot groenslaai (1 k roketblare, 1/2 k sampioene, 1 k tamaties) met ’n skeut suurlemoensap

Happie in die Porsiebeheerdieet

300 ml vetvrye melkskommel

Aandete in die Porsiebeheerdieet

2 skywe pizza (met hoender, sampioene, groen soetrissies en roketblare) en ’n groot groenslaai (1 k blaarslaai, 1/2 k komkommer, 1/2 k kersietamaties)

skeidslynskeidslyn

Dag 2 van Porsiebeheerdieet

Ontbyt in Porsiebeheerdieet

1 k All-Bran met 1 k afgeroomde melk 

Happie in die Porsiebeheerdieet

30 g rou amandels (15) 

Middagete in die Porsiebeheerdieet

Keker-ertjieslaai 

RESEP:

Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 min

SLAAISOUS

10 ml (2 t) gerasperde gemmer

30 ml (2 e) rysasyn

30 ml (2 e) water ’n knippie suiker

SLAAI

240 g gaar keker-ertjies, gedreineer

500 ml (2 k) elk rooi en groen soetrissies, in blokkies gesny

1 klein rooi-ui, gekap

250 ml (1 k) jong spinasieblare

125 ml (1/2 k) koljanderblare

60 ml (1/4 k) mentblare

8 ryskoekies

1 Slaaisous Meng.

2 Slaai Meng die keker-ertjies, soetrissies en ui.

3 Pak die spinasie in ’n bak, skep die keker-ertjiemengsel in en sprinkel die koljander en ment oor. Giet die slaaisous oor. Sit voor met die ryskoekies.

Happie in die Porsiebeheerdieet

1/2 k stowevrugte

Aandete in die Porsiebeheerdieet

1 gebakte patat met 1/4 avokado en 60 g vetvrye maaskaas saam met groenslaai (1 k blaarslaai, 1/2 k komkommer, 1/2 k kersietamaties), met ’n skeut balsemieke asyn 

skeidslynskeidslyn

Dag 3 van die Porsiebeheerdieet

Ontbyt in Porsiebeheerdieet

2 Weet-Bixe met 1 k afgeroomde melk 

Happie in die Porsiebeheerdieet

30 g biltong 

Middagete in die Porsiebeheerdieet

’n Halwe volgraantortilla: Ge- bruik ’n halwe blikkie tuna (85 g) en 1 e laevetmayonnaise met ’n groot groenslaai (1 k spinasieblare, 1/2 k tamaties) sonder sous of met ’n skeut balsemieke asyn. 

Happie in die Porsiebeheerdieet

40 g-droe¨vrugtestafie 

Aandete in die Porsiebeheerdieet

1 liggies gekrummelde visfilet met groenslaai (1 k blaarslaai, 1 k rooi soetrissie en 1/2 k komkommer) bedruip met olyfolie en balsemieke asyn 

skeidslynskeidslyn

Dag 4 van die Porsiebeheerdieet

Ontbyt in Porsiebeheerdieet

40-50 g-ontbytstafie 

Happie in die Porsiebeheerdieet

Groentesosaties: Gebruik 1 k kersietamaties en 30 g laevetfeta 

Middagete in die Porsiebeheerdieet

6 mieliebeskuitjies met 30 g laevetkaas, slaai (1 k spinasie, 1 groen soetrissie, 1 rooi soetrissie en 1/2 k komkommer) 

Happie in die Porsiebeheerdieet

1/2 semelmuffin (kolwyntjiegrootte) 

Aandete in die Porsiebeheerdieet

Hoenderslaai: Gebruik 1 hoenderborsie, 1 k appelskywe, 1 k blaarslaai, 1 k rooi soetrissie en 1/2 k komkommer 

skeidslynskeidslyn

dag5

Ontbyt in Porsiebeheerdieet

Skommel: 1/2 k ProNutro met 1-11/2 k afgeroomde melk 

Happie in die Porsiebeheerdieet

175 ml vetvrye gewone jogurt, 1 appel 

Middagete in die Porsiebeheerdieet

Hoendermayonnaise op 4 Ryvitas. Gebruik 2 t laevet-mayonnaise en 60 g hoender. Sit voor met slaai (1 k blaarslaai, 1 k rooi soetrissies en 1/2 k wortels). 

Happie in die Porsiebeheerdieet

30 g granola 

Aandete in die Porsiebeheerdieet

Twee vuiste vol spaghetti bolognese met 90 g maer maalvleis. Sit voor met ’n groenslaai (1 k blaarslaai, 1 k rooi soetrissie en 1/2 k komkommer) met ’n skeut balsemieke asyn. 

skeidslynskeidslyn

dag6

Ontbyt in Porsiebeheerdieet

Ontbytskommel: 1 k vetvrye gewone jogurt plus 1 klein appel en 1 klein peer, ’n hand vol kruisementblare, 2 e hawersemels

Happie in die Porsiebeheerdieet

1 gekookte eier, 1 klein piesang 

Middagete in die Porsiebeheerdieet

Groente-en-hoender-koeskoes: Gebruik 1 k gaar koeskoes, 1/2 ui, 1 wortel, 1 rooi soetrissie, 2 tamaties en 1 vellose hoenderborsie 

 Happie in die Porsiebeheerdieet

Vrugtesosatie: Gebruik 1 k spanspek en 30 g mozzarella

Aandete in die Porsiebeheerdieet

’n Oop volstruisburger: Gebruik die helfte van ’n rolletjie en ’n 90 g-vleiskoekie. Sit voor met ’n groot groenslaai (1/2 k elk roketblare, tamatie en komkommer) met ’n skeut balsemieke asyn. 

 skeidslynskeidslyn

Dag 7 van Porsiebeheerdieet

Ontbyt in Porsiebeheerdieet

1 sny lae-GI-roosterbrood, 1/4 avokado, 2 snye gypsy-ham 

Happie in die Porsiebeheerdieet

2 ryskoekies met 2 e vetvrye grasui-maaskaas 

Middagete in die Porsiebeheerdieet

Geroosterde vis en geroosterde groente: Gebruik 1 visporsie met lemoen-, suurlemoen- en lemmetjieskywe, 1/2 k wortels, 1/4 k blomkool, 1/4 k broccoli, 1 groen soetrissie 

Happie in die Porsiebeheerdieet

40 g droe¨perskes 

Aandete in die Porsiebeheerdieet

Hoenderkerrie

RESEP:

Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 15 min.

JOGURTMENGSEL

250 ml (1 k) natuurlike jogurt

3 ml (ruim 1/2 t) paprika

1 ml (1/4 t) borrie

10 ml (2 t) kerriepoeier

2 ml (1/2 t) fyn komyn

1 ml (1/4 t) brandrissiepoeier

5 ml (1 t) tamatiepasta

5 ml (1 t) mielieblom

HOENDER

15ml (1e) olie

1 ui, goed fyn gekap

1 cm-stuk gemmerwortel, gerasper

1 knoffelhuisie, fyngedruk

1 kaneelstok

4 hoenderborsfilette, in blokke gesny

sout en peper

’n groot hand vol koljanderblare

ekstra groente, soos wortels, blomkool en broccoli, of ’n slaai

1 Jogurtmengsel Meng al die bestanddele.

2 Hoender Verhit die olie en roerbraai die ui, gemmer en knoffel tot sag. Voeg die kaneel by.

3 Geur die hoender met sout en peper en braai in sarsies bruin in die uiemengsel.

4 Giet die jogurtmengsel oor, verlaag die hitte en laat prut tot die hoender sag en die sous lekker dik is.

5 Sprinkel die koljander oor. Sit voor met die groente of slaai. LEES OOK: Verloor só gewig sonder om enige kos uit te sny Dis hoe lank kenners meen jy moet verslank om die vetjies vir goed weg te hou. Is jy 'n emosionele eter? Hier is wenke om dit te klop.