A photo posted by Liezel Malherbe (@9livesza) on

In Clanwilliam, die rooibos-hoofstad van die Wes-Kaap, word dié dag behoorlik gevier met ’n fees waar ’n verskeidenheid rooibosprodukte te koop sal wees.

 

Gesondheidsvoordele van rooibos:

  • Volgens die Suid-Afrikaanse Rooibosraad is rooibos ’n goeie bron van antioksidante. Daar is soveel antioksidante in rooibos dat dit die liggaam se immunstelsel ’n hupstoot kan gee om siektes te beveg.
  • Rooibos bevat geen kafeïene nie. Daarom kan jy gerus voor jy gaan slaap ’n koppie rooibostee geniet. Dit is ook gepas vir babatjies en ma’s wat borsvoed.
  • Rooibos kan ook elektroliete terugplaas in atlete se liggame nadat hulle hard geoefen het.
  • Jou hart en lewer kan ook voordeel trek as jy rooibostee drink. Rooibos kan jou liggaam beskerm teen onstabiele molekules wat jou selle se DNA kan beskadig. Hierdie molekules en die skade wat hulle aanrig kan tot kanker lei en ook veroorsaak dat jou are verstop. Rooibos kan hierdie molekules neutraliseer en help om hul uitwerking op jou liggaam te verminder.
  • Rooibos kan help keer dat ’n beskadigde sel in jou liggaam in kanker verander. Rooibos kan ook keer dat hierdie kankerselle vermeerder. Huisgenoot het voorheen berig oor rooibos se antikanker-eienskappe.

A photo posted by Jacqueline Forth (@jacqforth) on

Het jy geweet?

  • Daar is nog geen bekende newe-effekte van rooibos opgeteken nie.
  • Jy kan rooibos in jou tuin gebruik. Dit laat plante beter groei en slakke sal wegbly daarvan. Meng dit met die grond of sprinkel bietjie rooibosblare naby plante om die slakke weg te hou.
  • Rooibos kan as ’n natuurlike kleurstof gebruik word omdat dit so ’n sterk rooi kleur het.
  • Rooibos-gegeurde roomys is destyds by akteurs Catherine Zeta-Jones en Michael Douglas se troue voorgesit.

Maak kos met rooibos: