Maar skielike stresaanvalle by die werk kan wel jou skaal swaarder laat kreun.

'n Span by die University College London het die resultate van agt studies waarby 60 000 mense betrek is, vergelyk. Diegene wie se werk aanvanklik betreklik ontspanne was en toe in 'n hoër rat oorgeskakel het, was oor die algemeen meer geneig tot vetsug. Hulle was 20 persent meer geneig om 'n gevaarlike hoeveelheid gewig aan te sit in vergelyking met diegene wie se loopbane en werksdruk meer stabiel gebly het. Die rede vir die bevinding is nie heeltemal duidelik nie maar Professor Sir Cary Cooper, deskundige op die gebied van gesondheid in die werkplek, verduidelik dat daar 'n verband tussen skielike stres en minder tyd vir huislike lewe kan bestaan.
'Jy werk miskien langer ure, wat beteken dat jy moontlik nie so gesond soos voorheen eet nie.'

"As jou werk meer stresvol word, beteken dit dat jy dit nie kan baasraak nie,” sê hy.

"Jy werk miskien langer ure, wat beteken dat jy moontlik nie so gesond soos voorheen eet nie, jy eet nie 'n behoorlike middagete nie en jy stap ook nie so baie soos voorheen nie.”

Dit is moontlik dat mense wat met hul werklading sukkel, dit nodig vind om hulle energie ook 'n hupstoot te gee en dit kan hulle na sjokolade of gaskoeldrank laat gryp.

Professor Mika Kivimaki het verduidelik dat die bevindings wat in die International Journal of Obesity gepubliseer is, toon hoe belangrik is om die vetsug-epidemie aan te pak. Daar steek waarheid in die verduideliking, want die analise het nie getoon dat mense gewig verloor wanneer hul werkstres verminder nie.

Daar is tans 'n geskatte eenbiljoen volwassenes wat oorgewig is in die wêreld en 300 miljoen wat aan vetsug ly. Sedert 1980 het die getal verdriedubbel. Mense met 'n ongesonde gewig het 'n groter risiko op tipe 2-diabetes, kardiovaskulêre siekte, beroerte en hoë bloeddruk.

© Cover Media