Wetenskaplikes het bevind sjokolade wat baie flavonoïed bevat kan die baba help groei en die plasenta doeltreffender help werk.

Die studie is uitgevoer deur deskundiges by die Université Lava in Quebec, Kanada. Die ondersoekers het ook bevind die soetigheid kan die risiko verlaag vir pre-eklampsie, ’n potensieel ernstige toestand wat in die later stadiums van swangerskap kan ontwikkel.

“Hierdie studie dui aan dat sjokolade ’n positiewe uitwerking kan hê op die plasenta en die groei en ontwikkeling van die fetus, en ook dat die uitwerking van sjokolade nie net en regstreeks met die flavonoïedinhoud verband hou nie,” het dr. Emmanuel Bujold, die medeskrywer van die studie, verduidelik.

Lees ook: Swanger vroue ‘mag nou saggekookte eiers eet’

Dié studie het gefokus op die uitwerking wat sjokolade met ’n hoë flavonoïed-inhoud, soos donkersjokolade (wat baie kakao-vastestowwe bevat), sou hê.

Honderd nege en twintig vroue, almal tussen 11 en 14 weke swanger met een baba, is vir die studie gekies.

Hulle het vir 12 weke elke dag 30 g sjokolade met óf ’n hoë óf ’n lae flavonoïed-inhoud gekry om te eet en hul vordering is gemonitor tot hulle die lewe geskenk het. Die baarmoederslagaar-Doppler-polsindeks is gemeet.

Lees ook: Om ouer ma te word is moontlik gesonder

Dit dui aan hoe vinnig die bloedsomloop in die nageboorte, fetus en baarmoeder is.

By albei groepe het dit beduidende verbetering getoon.

Wat hipertensie tydens swangerskap, die gewig van die plasenta, die voorkoms van pre-eklampsie en die geboortegewig betref, is geen verskil tussen die twee groepe opgemerk nie.

© Cover Media

Ander stories op Huisgenoot.com

Catherine Zeta-Jones: ‘Die huwelik is nie maklik nie’

Hierdie sewe bekendes is tuis deur indringers geteiken

Angelina Jolie gesels oor haar kroos