Die hewigheid van die simptome verskil ook van mens tot mens.

  • Aanhoudende hartseer, angstige of ’n “leë” gevoel.
  • Verlies aan belangstelling of genot in stokperdjies en aktiwiteite wat jy voorheen geniet het, insluitende seks.
  • Gevoel van hopeloosheid en pessimisme.
  • Gevoelens van skuld, waardeloosheid, hulpeloosheid en selfverwyt.
  • Slapeloosheid, wakker word vroeg soggens of verslaap.
  • Aptyt- en/of gewigsverlies of ooreet en gewigstoename.
  • Verminderde energie, moegheid en afgewerk voel.
  • Toename in die gebruik van alkohol en dwelms; dit kan hiermee vereenselwig word, maar is nie ’n kriterium vir diagnose nie.
  • Gedagtes aan die dood of selfmoord; selfmoordpogings.
  • Rusteloosheid, geïrriteerdheid, vyandigheid.
  • Sukkel om te konsentreer, te onthou, besluite te neem.
  • Aanhoudende fisieke simptome wat nie met behandeling verbeter nie soos hoofpyn, spysverteringsprobleme en chroniese pyn.
  • Verswakking van sosiale verhoudings.

Vir meer inligting of hulp, skakel die Sadag-hulplyn vir geestesgesondheid: 011 262 6396

Bron: sadag.org