Maar wat van die kieme wat jou handsak saamdra?

Navorsing deur die maatskappy Initial Washroom Hygiene dui daarop ’n vyfde van handsakke wat getoets is, het vlakke van bakterie-verwante kontaminasie en bevat meer kieme as die deursnee-toilet.

Peter Barratt, tegniese bestuurder by Initial Hygiene, het ná die studie gesê: “Handsakke kom gereeld in aanraking met ons handsakke en uiteenlopende oppervlakke; daarom is die risiko om verskillende kieme daarnatoe oor te dra, baie groot, veral aangesien handsakke selde skoongemaak word.”

Volgens die navorsers is gesig- of handeroom dikwels die vuilste items in die handsak, gevolg deur lipstiffie en mascara.

Ses wenke vir beter handsakhigiëne:

  1. Soos altyd, is dit belangrik om gereeld jou hande te was, veral nadat jy die toilet besoek het. Probeer vermy om jou handsak op te tel voor jy jou hande gewas het; haak dit liewer oor jou arm.
  2. Kweek ’n skoonmaakgewoonte aan. Maak elke week jou handsak skoon. Kry spesiale lappies (“wipes”) sonder bleikmiddels of alkohol vir leerhandsakke. Vee die handsak aan die binne- en buitekant af en gee veral aandag aan die dele wat jy gereeld aanraak, soos die ritssluiters, handvatsels en bandjies. Was laphandsakke in die wasmasjien op ’n sagte verstelling.
  3. Dink na oor dit wat jy in jou handsak sit. Kos en gebruikte snesies is klam en die perfekte broeiplek vir bakterie. Sit hierdie soort items eers in ’n plastieksakkie voor jy dit in jou handsak sit.
  4. Hou jou handsak sover moontlik toe.
  5. Probeer sover moontlik vermy om jou handsak op allerhande oppervlakke, soos jou winkelwaentjie of toonbanke in die badkamer, neer te sit.
  6. Wanneer jy by die huis kom, kry ’n vasgestelde plek om jou handsak neer te sit, verkieslik weg van kombuistoonbanke en die etenstafel.

Bronne: 1st for Women, DailyMail.co.uk, drjessicawu.com, womenshealthmag.com