Wat eet betref, is daar so baie raad in omloop dat dit nogal moeilik kan wees om te besluit watter een om te volg.

Sommige diëte beveel drie maaltye per dag aan, plus gereelde happies, terwyl ander net by ontbyt, middagete en aandete sweer. Daar is ook al te kenne gegee dat klein, gereelde maaltye kan bydra tot gewigsverlies. Laasgenoemde idee word gesteun deur onlangse navorsing. Volgens ’n studie, uitgevoer deur deskundiges aan universiteite in Kanada en die Amerikaanse deelstaat Nieu-Meksiko, blyk dit dat kleiner maaltye, meer dikwels geëet, ’n mens kan help ontslae raak van oortollige kilogramme.

Die navorsers verklaar hierin dat die bevindings daarop wys dat kleiner maaltye die sleutel is tot ’n skraler figuur.

Die groep het tot hierdie gevolgtrekking gekom nadat hulle twee verskillende maniere van eet oor twee weke bestudeer het. Die een groep mense het twee maaltye per dag gekry en die ander ses. Die totale hoeveelheid kilojoules was dieselfde vir albei groepe.

Albei groepe mense het eindelik gewig verloor, maar dié wat meer gereelde maaltye gekry het, kon spog met ’n gesonder liggaamsbou. Hierbenewens was daar nie so ’n groot afname in hul vetvrye liggaamsmassa nie en hul glukose-, cholesterol- en insulienvlakke was beter.

By diegene wat twee maaltye per dag gekry het, was die vetvrye liggaamsmassa drie persent laer, terwyl die ander groep net ’n verlaging van 1,2 persent getoon het.

Die studie is in die wetenskaptydskrif Nutition Research gepubliseer. Die navorsers verklaar hierin dat die bevindings daarop wys dat kleiner maaltye die sleutel is tot ’n skraler figuur.

Vetvrye liggaamsmassa is ’n mens se liggaamsmassa wat geen vet bevat nie. Dit sluit dus die organe, bene, vel, ligamente en waterinhoud in. As jy byvoorbeeld ’n hoë vetvrye massa het, beteken dit dat jy skraal en gesond is, en dit is die rede waarom dit heilsamer is vir jou as die dieet voorsiening maak dat jy nie te veel vetvrye massa verloor nie.

Moet nou net nie begin dink dat jy vet heeltemal uit jou liggaam moet uitskakel nie, aangesien jy ’n sekere hoeveelheid daarvan nodig het om gesond te bly. Mans se liggaam het ongeveer drie persent vet nodig om in 'n puik toestand te bly, maar die persentasie is hoër by vroue, want hulle het vet wat geslagsgebonde is – hulle het dus 12 persent nodig.

© Cover Media