Onlangse navorsing gee te kenne dat mans se spermtelling kan verlaag as hulle ’n foon gebruik wat aan ’n laaier gekoppel is of as hulle dit snags naby hulle hou terwyl hulle slaap.

Die elektromagnetiese aktiwiteit en hitte wat die selfoon uitstraal, maak vermoedelik die sperm dood.

Israelse wetenskaplikes het 106 mans ondersoek wat vir ’n jaar ’n vrugbaarheidskliniek besoek het.

Lees ook: ‘Mansgriep’ bestaan regtig, verklaar die deskundiges

Hulle het ontdek by dié wat langer as ’n uur per dag op die selfoon gesels het, was die moontlikheid om sperm van ’n lae gehalte te hê twee keer groter as by dié wat korter as 60 minute gepraat het.

By mans wat hul fone gebruik het terwyl dit aan ’n laaier gekoppel was, was die geneigdheid tot probleme byna dubbel soveel. Die spermvlak van altesaam 47 persent van die mans wat hul foon binne 50 cm van hul lies gedra het, is ernstig aangetas.

Prof. Martha Dirnfeld van die Technion-Universiteit in Haifa het verduidelik ’n lae spermtelling kan bevrugting bemoeilik.

Lees ook: Meer seks gee mans se vrugbaarheid ’n hupstoot

In ’n gesprek oor die bevindings, wat in die tydskrif Reproductive BioMedicine gepubliseer is, het sy gesê: “As jy ’n baba probeer verwek en is ná ’n jaar steeds onsuksesvol, moet jy dalk begin wonder of jou selfoongewoontes nie moontlik die sondaar kan wees nie.”

Die vrugbaarheidskenner prof. Gedis Grudzinskas van die St. George-hospitaal in Londen, het bygevoeg: “Mans behoort hul gesondheid in ag te neem en hul selfoonverslawing stop te sit.”

Volgende keer as jy sien ’n man na aan jou hart prop sy selfoon in sy broeksak, sê hom aan om dit iewers anders te bêre. En kyk ’n bietjie waar bêre hy snags sy foon – die beste plek is so ver moontlik van die bed af.

Dit sal ook bydra tot ’n goeie nagrus, aangesien dit ’n bewese feit is dat elektroniese toestelle slaap onderbreek.

© Cover Media

Ander stories op Huisgenoot.com:

Taylor Swift skitter as bruidsmeisie by vriendin se troue

’n Fotoverhaal: Legendariese ‘prentjiemaker’ Jans Rautenbach vier 80

Rooibos se ‘ma’, dr. Annique Theron, sterf in die ouderdom van 86

Kyk: Oorstelpte vrou en haar hondekind ná maande lange soektog herenig