Let op na die volgende waarskuwingstekens wat kan wys dat ’n geliefde selfdoodneigings het:

  • Praat van selfdood.
  • Depressie. Dit is die hoofoorsaak van selfdood.
  • Voorbereiding vir die dood, soos om besittings weg te gee.
  • Drastiese persoonlikheidsveranderings.
  • Riskante gedrag, soos drink en bestuur.
  • Wanneer iemand gedigte of opstelle oor die dood skryf of afbeeldings van die dood skilder.
  • As hy of sy skielik ongekend opgeruimd raak: ’n Skielike gemoedsverandering kan beteken hy of sy is verlig omdat hul probleme binnekort iets van die verlede sal wees.
Die Suid-Afrikaanse Depressie-en-angsgroep (Sadag) bied gratis steun aan mense met selfdoodneigings en hul familie. Bel die tolvrye hulpnommer 0800-75-33-79 of besoek die webtuiste by www.sadag.org.