En as jy liefs die stuk koek verkies, hoef jy regtig nie alleen te voel nie...

 

Want in navorsing, wat deur die spanne van Today.com en March.com onder 4 000 enkellopende vroue gedoen is, het meer as ’n derde van alle vroue gesê as hulle moes kies, sou hulle seks vir hul gunstelingkos prysgee.

Amper ’n vyfde van mans het dieselfde geantwoord.

Maar moenie van getroude paartjies vergeet nie! Uit 3 500 respondente het meer as ’n kwart gesê hulle verkies ’n heerlike sjokoladepoeding bo ’n aand se manewales tussen die lakens.

Maar hulle sal nie net seks vir ’n lekkerny prysgee nie.

Een uit elke ses vroue sê hulle sal ook afsien van hul motor en internettoegang, en amper ’n kwart van die vroue sê hulle sal ’n glas wyn vir ’n stuk koek verruil.

Bronne: today.com, ukdaily.net, capitalbay.com

- Joanie Bergh