Pyn jou knieë? Tydens ’n onlangse studie is bevind botoks kan gewrigspyn verlig.

Meer as een uit elke agt aktiewe mense sukkel met gewrigspyn.

Wetenskaplikes by die Imperial College in Londen en die Fortius-kliniek het 45 mense bestudeer wat ly aan ’n aandoening wat bekendstaan as laterale patellofemorale oorlaaisindroom.

Lyers ervaar pyn aan die sy- en voorkant van hul kniegewrigte. Dit kom dikwels by drawwers en fietsryers voor.

Die proteïen Dysport, bekend as botulinum-toksiene (wat botoks is), is in die spier aan die voor- en buitekant van die heupe ingespuit en daarna het die deelnemers fisioterapie ondergaan.

Lees ook: Minder oefening ‘lei tot kleiner brein’

Altesaam 69 persent het glad nie nog behandeling vir die gewrig nodig gehad nie en hulle was ná vyf jaar heeltemal van die pyn verlos.

Dit is in direkte teenstelling met vorige studies wat getoon het 80 persent van lyers het ná ander behandeling steeds simptome gehad, terwyl 74 persent aangedui het dat hulle minder aktief was.

Gewone behandeling sluit inspuitings met steroïede, fisioterapie en anti-inflammatoriese medisyne in.

As hierdie behandeling nie slaag nie, word ’n operasie dikwels oorweeg, en selfs dan is daar geen waarborg dat die probleem heeltemal gaan verdwyn nie.

Lees ook: Deurbraak vir rugpyn-lyers

“Dit kan ongelooflik frustrerend raak as ’n fisioterapeut naderhand nie meer weet wat om te doen om hierdie pynlike aandoening hok te slaan nie,” het dr. Jo Stephen, van die Imperial College in Londen en Fortius, ’n medeskryfster van die studiestuk, opgemerk.

“Baie atlete wat aan hierdie studie deelgeneem het, het al alle ander soorte behandeling beproef en dit was hul laaste uitvlug hierdie. Ons is werklik opgewonde oor die feit dat ons benadering positiewe resultate toon, en dit kan aktiewe mense oral in die wêreld raak.”

Die bevindings is in die American Journal of Sports Medicine gepubliseer.

“Pasiënte het van oral in die land gereis om aan die studie deel te neem en dit was ’n aanduiding van hul gretigheid om ’n oplossing vir hul ongemak te vind,” het die medeskrywer David Urquhart van Chelsea and Westminster Hospital, bygevoeg.

© Cover Media

Ander stories op Huisgenoot.com:

Ses redes waarom jy meer groentee behoort te drink

Nepalese passasiersvliegtuig stort op gevaarlike roete neer

Is Daniel Craig klaar met Bond?

Dapper kankerlyertjie skitter op New Yorkse modeplank

Het jy sonde met die bure? Hier’s raad