Dit is die natuurlike samestellings fitonutriënte (plantvoedingstowwe), wat in sommige rooi produkte gevind word, wat help om die probleem te takel aangesien hulle jou hart beskerm en jou van kop tot tone gesond hou.

Sukkel jy om die kossoorte sommer so uit jou kop te kies? Hier is ’n paar voorstelle:

Tamaties

Hierdie vrug, wat ook vir groente aangesien word, is al gekoppel aan die voorkoming van hartsiektes. In ’n studie by die Harvard School of Public Health is ontdek dat vroue met hoë vlakke van fitonutriënte ’n skraler kans het om hartsiektes te kry as dié met laer vlakke daarvan.

Dit is heeltemal in orde om aan ’n vars tamatie te smul, maar jy het eintlik ’n beter kans om ’n goeie vlak van likopien te kry uit produkte met tamaties as basis, soos tamatiesap en tamatiesous, wat sowat 80 persent van die antioksidant bevat. Selfs ingelegde tamaties is propvol daarvan, so jy hoef nie skuldig te voel as jy ’n lekker groot , smaaklike pastagereg daarmee maak nie!

Beet

Goed, goed, party beetsoorte is miskien ’n bietjie perserig, maar beet word hoog aangeskryf as gevolg van sy vermoë om na jou hart om te sien. Dit staan ook bekend as “kardiobeskermend”. Beet help om prestasie te verhoog – van oefening tot bewussyn. Met hul kleurryke pigmente, bekend as betalain en betaïne, kan hierdie goedheid uit die aarde die vlakke van homosisteïne, ’n soort aminosuur, verlaag. Benewens al hierdie voordele kan hulle ook die bloeddruk verlaag. Hulle is propvol nitrate om die bloedvloei aan te help en jou are te laat ontspan. Al hierdie dinge sorg vir ’n gesonde hart.

Frambose

Hulle is soet en smaaklik en is boonop ook ’n goeie bron van mangaan, potas, Vitamien C en vesel. Wat kan jy nou meer van ’n vrug verwag? Eenvoudige eienskappe, soos die pigment antosianien, wat sorg vir die rooi kleur en wat goed is vir jou hart, is nog ’n rede om weg te lê aan frambose. Jy kan hulle vries sodat jy dié heilsaamheid heeljaar kan geniet.

Rooi nierbone

Hulle is ’n fantastiese aanvulling vir ’n gereg, en jy sal hulle in enige geur kry, van brandrissie tot burritos. Hulle is nie net veelsydig nie, maar is ook bekend vir hul hoë vlak van antioksidante, met volop proteïne en vesel, en sonder enige onnodige cholesterol of versadigde vette.

Die potas wat hulle bevat, sal bowendien jou bloeddruk verlaag. Vroeëre eksperimente het getoon dat ’n dieet wat ryk is aan boontjies, sal help om hartsiektes te voorkom.

© Cover Media