Die meeste mense is maar alte bewus van die skade wat rook aan jou liggaam aanrig, maar navorsing het nou getoon daar is ’n sterk verband tussen rook en angs en depressie. Die navorsers voer aan rokers het ’n ongeveer 70 persent groter kans om hierdie geestesprobleme te ervaar. In die studie is bevind rokers se risiko vir hierdie toetstande neem af as hulle ophou rook. Langtermynrokers wat opgehou rook het, het ongeveer dieselfde risiko vir depressie en angs as mense wat nog nooit gerook het nie. Die navorsing het gefokus op 6 500 mense ouer as 40 jaar. Van die rokers het 18,3 persent aan angs en depressie gely. By die eks-rokersgroep (mense wat langer as ’n jaar opgehou het met rook) was dit 11,3 persent en by die nie-rokers was 10.

Die navorsers voer aan rokers het ’n ongeveer 70 persent groter kans om hierdie geestesprobleme te ervaar.

Dit is die eerste navorsing van hierdie aard wat gedoen is, en dit kan ’n einde maak aan die idee dat rook stres teenwerk. “In ons studie is bevind angs en depressie in dieselfde mate voorkom by langtermynrokers wat opgehou het met rook as by nie-rokers, en op aansienlik laer vlakke as by rokers,” het Robert West, hoofnavorser en professor in gesondheidsielkunde aan die Londense Universiteitskollege verduidelik. “Deur op te hou rook kan jou die welstand van jou liggaam en jou gees verbeter.”

Dr. Mike Knapton van die Britse Hartstigting glo mense verwar die wyse waarop rook tydelike drange verlig met die verligting van stres. Die aansteek van ’n sigaret kan trouens negatiewe emosies baie erger maak.

Noudat Nierookdag op 11 Maart om die draai is, is dit dalk net die regte tyd om op te hou met rook. Klop by jou dokter aan om hulp en verbeter jou liggaamlike en geestelike gesondheid. Twee vlieë in een klap!

© Cover Media