Diegene wat van plan is om vandag ’n dampie te slaan, moet twee keer dink.

Daar is nie ’n beter tyd as nou om die gewoonte vaarwel toe te roep nie, en om dit makliker te maak, het NiQuitin ’n studie begin ten einde die voordele verbonde aan ophou rook te bepaal.

Kanker van die longe, mond, keel, niere en maag is net ’n paar van die kankers wat moontlik by rokers gediagnoseer kan word as gevolg van rook, terwyl dit ook ander gesondheidsrisiko’s soos hartaanvalle, beroertes, hartsiektes en longontsteking insluit.

Lees ook: Só kan jy jou bakkie ontbytkos nog gesonder maak

Wanneer jy ophou rook, verbeter jy nie net jou gesondheid nie; jy wen ook ’n uur van jou dag terug, aangesien baie rokers beken hulle voel gefrustreerd oor die tyd wat hulle met die rookgewoonte mors.

Van al die voormalige rokers wat ondersoek is, kan 39 persent voor die televisie of met ’n boek ontspan in die tyd wat hulle gewoonlik bestee het aan rook, terwyl 17 persent verkies het om oefeninge te doen en nog 14 persent het hul vrye minute aan aktiwiteite gewy waarby hulle self baat gevind het.

Meer as twee keer soveel vroue (11 persent) as mans (4 persent) het hulle tot sosiale media gewend nadat hulle opgehou het. Dit beteken jy kan dalk ’n beter sosiale lewe geniet sonder sigarette.

Hierbenewens voel 78 persent gewese rokers trots omdat hulle daarin geslaag het om op te hou, terwyl 66 persent van die huidige rokers oorweldigend positief is oor hulle ophou rook het.

Jy sal ook geld bespaar – iets wat 36 persent in berekening gebring het, en een uit vyf rokers het beken hul begeerte om op te hou, kom uit die begeerte om hul vriende en familie trots te laat voel.

Lees ook: Jogurt ‘verlaag risiko vir hoë bloeddruk’

Soek jy nog ’n rede om daardie sigaret dood te druk? Dit kan as ’n verrassing kom, maar net een uit 10 rokers het gesê hulle geniet die sosiale aspek daarvan, terwyl 16 persent rook sou verkies bo ’n ander stokperdjie of aktiwiteit.

Daar’s baie opsies, van kougom tot plakkers, soos NiQuitin en Nicorette, om jou te help om die gewoonte af te sweer.

Annelies Smits van NiQuitin sê: “Almal dink ál meer rook is tydmors. Deur sigarette te verruil vir iets soos ’n mini-lekkertjie wat die nikotien vervang, kan hulle gemiddeld byna ’n uur van hul dag terugwen. En van daar af is die geleenthede legio – van tyd saam met die gesin deurbring of by ’n nuwe sportspan aansluit, tot ’n heerlike maaltyd berei.”

© Cover Media