Navorsers, gelei deur dr. Angela Malek van die Mediese Universiteit van Suid-Carolina, het data ontleed wat versamel is by 22 000 mense ouer as 45 jaar. Sommige van die deelnemers was aan passiewe rook blootgestel en het beroerte gekry as gevolg daarvan. ’n Duidelike verband tussen passiewe rook en beroerte is gevind.

Die bevindings is in die American Journal of Preventative Medicine gepubliseer, en selfs nadat die deelnemers aandag gegee het aan ander kwessies verwant aan beroerte (soos hoë bloeddruk), was die 30 persent-risiko op beroerte steeds daar.

Altesaam 23 persent van die deelnemers is die afgelope jaar deur passiewe rook beïnvloed. In die geheel is – van April 2003 tot Maart 2012 – altesaam 428 gevalle van beroerte aangemeld en die meeste daarvan is veroorsaak deur ’n blokkasie van die bloedvloei na die brein.

Wetenskaplikes aan die Universiteit van Alabama in Birmingham het ook die navorsingstudie onderneem.

Malek het oor die belangrikheid van die bevindings gepraat. “Daar was beperkings by vorige studies: by min was daar enige vooruitsig; aanpassings vir potensiële verwarring het gewissel; beroerte en blootstelling aan passiewe rook is nie konsekwent gedefinieer nie; meting en bronne van blootstelling het verskil; beroerte-ondersoeke is nie altyd bepaal nie; en sommige studies was nie kragtig genoeg nie omdat die steekproef te klein was,” het sy gesê.

“Ons bevindings dui op die moontlikheid van nadelige gesondheidsuitslae, soos byvoorbeeld beroerte by nie-rokers wat aan passiewe rook blootgestel is, en dit dra by tot die massa bewysmateriaal wat strenger regulasies rakende rook voorstaan.”

In die toekoms sal nog navorsing gedoen moet word om die rol van risikofaktore vir hartvatsiektes te ondersoek.

“En (om) moontlike blootstelling aan addisionele omgewingsveranderlikes soos atmosferiese lugbesoedeling met betrekking tot beroerte te ondersoek,” het sy bygevoeg.

© Cover Media