Volgens die wêreldbekende Mayo-kliniek mag jou gesig tydens die aanvangstadium van die siekte min of geen uitdrukking toon nie. Of jou arms swaai dalk nie as jy loop nie. Aangetaste spraak is ook een van die kenmerke – en almal vererger soos wat die siekte jou liggaam oorneem. Lees ook: Gucci-advertensie verbied oor ‘ongesond maer’ model Die akteurs Michael J. Fox en Robin Williams, komediant Billy Connolly en legendariese bokskampioen Muhammad Ali tel onder diegene wat nie aan die kloue van Parkinson-siekte kon ontsnap nie. Michael J. Fox, veral bekend in die ikoniese fliek Back To The Future en meer onlangs op die kassie as die siniese Louis Canning in The Good Wife, het die impak van die siekte op sy loopbaan as positief ervaar. Hy was kwalik 30 jaar oud toe hy in 1991 daarmee diagnoseer is.

Hy het las van ’n rukkende vinger gehad en mediese behandeling daarvoor gesoek. Die resultate was verdoemend. In 1998 het hy dit wêreldbekend gemaak en ’n tweede loopbaan as woordvoerder en aktivis vir navorsing gevestig. In 2013 het hy tydens ’n onderhoud met Rolling Stone gesê dat die siekte sy toneelspel verbeter het. Toe hy oor beweegbaarheid en sy spraak gesels het, was sy antwoord: “Dit het nuttig te pas gekom, maar toe dit weggeneem is, het ek vasgestel daar is ander goed wat ek kan gebruik.

“Daardie huiwering, daardie Parkinsons-effek, skep die geleentheid vir ’n oomblik se ruspose om as jou karakter na te dink en te reageer wat gebeur; dit het my hierdie soort gewigtigheid gegee.” Lees ook: Aantal tiere wêreldwyd styg eerste keer in ? eeu Onlangs het gerugte in sosiale media rondgevlieg oor hoe dit deesdae met Michael gaan. RadarOnline het berig dat hy ’n skrapse glimps van sy gewese self is. Hy moes selfs gehelp word om by ’n motor in te klim en sy linkervoet sleep baie erg.

“Dit was hartverskeurend,” is daar gesê. Michael se moed ken geen perke. Maar soos wat die siekte nou sy liggaam vernietig, is selfs hy besig om te besef sy stryd is ’n verlore stryd.”

Meer oor Parkinson-siekte ? Een uit elke 100 mense bo 60 word deur dié siekte geraak. ? Alhoewel dit gewoonlik mense van 60 jaar en ouer is, is Parkinson-siekte al by mense van 40 jaar en jonger gevind. ? ’n Engelse dokter, James Parkinson, het die eienskappe van siekte vir die eerste keer in 1817 vasgepen. ? Daar is sover bekend nog nie ’n presiese oorsaak van Parkinson-siekte nie. ?? Navorsing dui op ’n kombinasie van genetiese en omgewingsfaktore. ? Die meeste dokters bestempel Parkinson-siekte nie as fataal nie – “jy sterf met Parkinson-siekte, nie as gevolg daarvan nie.” Maar verergerde simptome, soos die gesukkel om te sluk, kan daartoe lei dat kos die longe binnegesuig word. Dit kan tot onder andere weer tot longontsteking lei. ’n Verlies aan balans kan tot ernstige beserings en selfs die dood lei. ? 11 April 2016 is Internasionele Parkinson-siektedag.

Vyf bekendes wat aan Parkinson-siekte ly

Die sangeres Linda Ronstadt – haar diagnose is gemaak toe sy ’n neuroloog besoek het omdat sy nie meer kon sing nie.

Bob Hoskins (Who Framed Roger Rabbit) is deur die siekte tot aftrede gedwing.

Ruimtevaarder Michael Richard “Rich” Clifford het selfs nadat hy met die siekte diagnoseer is, aangehou om te vlieg.

Maurice White, een van die stigterslede van die groep Earth, Wind & Fire is in 1992 gediagnoseer. Hy het dit geheim gehou vir die volgende agt jaar, waarvan hy vyf jaar lank nog met die groep getoer het.

Billy Graham, die Amerikaanse evangelis wat in meer as 185 lande vir meer as 215 mijoen mense in sy lewe gepreek het, is ook in 1992 met die siekte diagnoseer. Soos in die geval van Bob Hoskins, het die siekte ook sy aftrede verhaas.

— Annelene Oberholzer

Bronne: mayoclinic.org, everydayhealth.com, snopes.com, radaronline.com, michaeljfox.org

Ander stories op Huisgenoot.com

‘Dit laat hulle glimlag’: Barmhartige jongmense was gratis haweloses se klere

‘Dis waarom ek bedank het,’ onthul voormalige bok-afrigter Heyneke Meyer

Wie is die ellendige Murphy wat altyd alles laat skeefloop?

Dié vrou maak die spoggerigste kapsels vir perde

Waaghalsige ouma (81) ‘lewe op die rand van gevaar’ en spring by vliegtuig uit