Het jy kleintyd gewens jy is oud genoeg om te bestuur of jou kruisie in die stembus te trek, maar deesdae maak jou ouderdom jou bang jy pas nie in nie of loop iets mis?

Shape.com gee raad oor hoe om gemaklik in jou lyf te voel en nie toe te laat dat vrese oor ouderdom jou lewe oorheers nie.

Melody Wilding, ’n New Yorkse terapeut, beveel aan jy hou op om jou ouderdom met ander s’n te vergelyk, want elkeen se lewenspad is uniek.

“In jou grootwordjare is daar mylpale van waar jy op ’n sekere ouderdom behoort te wees. (In Amerika) kry jy ’n rybewys op 16 en voltooi hoërskool op 18. Maar wanneer jy ’n volwassene is, volg jy en jou tydgenote nie meer dieselfde pad nie,” verduidelik sy.

Net omdat ’n vriendin op 30 al getroud is en kinders het beteken nie jy moet ook nie. Konsentreer op jouself en wat jou ook al gemaklik laat voel.

Die lekkerte van die hedendaagse samelewing is dat die voorskrifte verdwyn het. Dit word nie as ’n verleentheid beskou om in jou middel tot laat 30’s ’n enkelloper te wees nie en daar is geen afsnypunt wanneer jy sekere dinge moet ophou doen nie (tot ’n sekere mate). As jy dus op 40 nog lus het vir reis, hoekom nie? Sien met vertroue na die toekoms uit.

“Ek beveel aan jy dink in een- of vyfjaarplanne, maar koppel dit nie noodwendig aan ’n spesifieke verjaardag nie,” sê Julie Cohen, ’n loopbaan-en-leierskapsafrigter.  “Verbeel jou die lewe wat jy oor vyf jaar wil lei, selfs die kantoor waarin jy wil werk en die woonplek wat jy wil hê.”

Melody raai ook aan jy erken die prestasies wat jy tot nou toe behaal het wanneer jy terneergedruk is of jaloers op iemand anders se sukses. Geleenthede soos ’n marathon, ’n bevordering by die werk of kolwyntjies bak vir ’n troue moet in ’n positiewe lig beskou word – en daar is altyd tyd om meer te doen.

Moet dus nie dat die gevreesde ouderdomskassie op ’n vorm of ander lyste (soos die top-20 miljoenêrs onder 20 jaar) jou onderkry nie. Hoekom beny jy jonger of ouer mense wat beter as jy vaar? Hoe gouer jy van dié ingesteldheid ontslae raak, hoe vinniger kan jy ’n verskil begin maak.

“Dalk moet jy werk in ’n ander veld soek of verder leer, of dalk moet jy jou kreatiewe projekte in jou vrye tyd voorkeur geniet,” sê Julie. “Wat dit ook al is, dit sal jou uit die afwaartse spiraal van selfveroordeling kry en jou daadwerklik help optree om jou ideale te verwesenlik.”

© Cover Media