Die kanker van meer as 90 persent van sterwende pasiënte wat hierdie soort behandeling ontvang het, is na bewering nou in remissie.

Lees ook: E-sigarette en ongebore babas

Bloed is getrek van pasiënte met leukemie, waarna die witbloedselle in die laboratorium aangepas en toe teruggesit is.

Prof. Stanley Riddell van die Fred Hutchinson-kankernavorsingsentrum in Seattle het gesê dokters kon medies gesproke niks meer vir die deelnemers aan die studie doen nie.

Lees ook: Céline Dion se huldeblyk aan haar man

Tydens toetse is moordenaartimosietselle (t-selle), wat besmette weefsel vernietig, geneties herprogrammeer om kankerselle te herken en vernietig. Ná net ’n enkele rondte van hierdie behandeling was meer as 90 persent van die deelnemers se kanker glo in remissie en kon geen kankerselle opgespoor word nie.

Die nuus is bekendgemaak tydens die Amerikaanse Vereniging vir die Bevordering van Wetenskap se jaarlikse vergadering in Washington DC. Kenners beskou die proeflopie as opwindend, maar beklemtoon baie navorsing moet nog gedoen word.

Bronne: bbc.com, wbal.com, youtube.com

Lees ook op Huisgenoot.com:

Al die Grammy-wenners vir 2016

Leonardo DiCaprio en Maggie Smith se oulike soenkamera-oomblik

Kantoorchaos kom tot ’n einde danksy ‘slim’ stoele

Eend of konyn? Watter een jy sien, verklap baie oor jou