Gedink oorskietkos is weggooikos? Nie volgens wetenskaplikes nie. Hulle beweer oorskietkos kan boonop ook ’n spul gesondheidsvoordele inhou. Moet dus nie gister se aandete in die asblik gooi nie – dit kan op interessante manier ingespan word, berig die MailOnline.

Dis boonop ‘n vernuftige manier om geld te spaar want jy kan enige oorskietkos hou en dit die volgende dag in ’n ander dis gebruik. Koue rys Baie mense bly weg van te veel rys oor die kalorie-inhoud. Maar as jy ’n paar druppels klapperolie by die kookwater in die kastrol gooi en dit dan oornag in die yskas bêre, kan rys tot 60 peresent minder kalorieë bevat. Die aantal kalorieë kan van 130 kalorieë per 100g tot net 52 verminder. Die rede daarvoor is hoe die stysel in die rys verander wanneer dit verhit en dan verkoel word.

Maar as jy ’n paar druppels klapperolie by die kookwater in die kastrol gooi en dit dan oornag in die yskas bêre, kan rys tot 60 peresent minder kalorieë bevat.

Beessop

Beensop is deesdae die in-ding wat voeding betref. Behalwe dat dit min kalorieë bevat en heerlik proe, bevat dit glo ook bestanddele wat vir ’n gloeiende gelaat kan sorg. Bene van vleis soos bees-, lam of hoendervleis moet met water en ’n bietjie appelasyn gekook word om die proses aan te help. Die kollageen in die bene verander in gelatien, wat maklik is om te verteer en goed vir die vel is. Minerale en voedingstowwe soos kalsium, magnesim en kraakbeen raak ook maklik om te verteer. Die sop hou ook glo voordele is vir bene, tande en gewrigte en help hare en naels om te groei.

Koue aartappels

Daar word geglo aartappels se styselvlakke neem toe wanneer dit ná die gaarmaak afkoel. Daar is in navorsing ontdek die stylsel het dieselfde voordele as dieetvesel, wat ons teen kolonkanker beskerm, die gevoel van versadigheid vermeer en dalk selfs vetberging kan verminder.

“Wanneer aartappels ná verhitting afkoel, sit dit uit en kristaliseer die styselmolekules,” sê voedingswetenskaplike dr. Sam Christie.

“As dit gesluk word, behandel die spysverteringstelsel die weerstandstysel soos vesel.”

Opwarm- en afkoelwenke

Wanneer jy enige oorskietkos opwarm moet jy seker maak dat die oorspronklike dis deeglik gaargemaak is om voedselvergiftiging te vermy. Maak seker die opwarmingshitte is meer as 60 grade Celsius. So sal enige bakterieë wat tydens die afkoelproses ontwikkel het, sal doodgemaak word.

Dis ook belangrik om nie groot hoeveelhede warm kos in die yskas te plaas nie, omdat die temperatuur van die kos sal styg. Maak seker jou yskas is onder vyf grade Celsius gestel. Party organismes sal aktief aanhou groei teen lae temperature, maar salmonella en E-coli sal nie onder agt grade groei nie.

© Cover Media